Vrou in kar buite Nelspruit doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Vrou is Dinsdag in haar kar buite Mbombela (Nelspruit) doodgeskiet deur insittendes van ʼn wit Mercedes‑Benz. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en het ʼn soektog na die verdagtes van stapel gestuur nadat die 39-jarige slagoffer kort voor 12:00 Dinsdag deur die verdagtes in Pienaar voorgekeer is.

Volgens inligting wat die polisie ontvang het, is die vrou se motor deur die Mercedes‑Benz vasgekeer. “Twee gewapende verdagtes het uit die motor geklim en die vrou in haar motor doodgeskiet,” sê kol. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga.

“Die verdagtes het toe ʼn onbekende bedrag kontant gebuit.”

Paramedici en die polisie is na die toneel ontbied, waar die vrou dood verklaar is.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die polisie het lede van die publiek gevra om die polisie te kontak indien hulle inligting oor die voorval of die verdagtes het.

Lede van die publiek kan die ondersoekbeampte, kapt. Vusi Thobela, by 0824691956 skakel of die polisie se misdaadnommer 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Boerkind ·

(Ek voltooi net jou sin….) vandat die patetiese ANC hier is nie…

Andre ·

Iemand het geweet sy het baie geld in kar.
Bank?
Werkers by kantoor?
Mense wat geld vervoer moet baie versigtig wees. Verander jou roetine. Moet nooit dieselfde Bank gebruik nie. Vat altyd iemand saam jou en wees op die uitkyk vir iemand wat jou volg.

Kokerboom ·

So onnodig!! Ten spyte van die wrede land deur toedoen van ANC tree mense NOG so onverskillig op!!

Aai ·

Werk seker met staat tenders en sy weet iets.Sterkte daar aan familie.

Baardman ·

Ons wetsgehoorame burgers is “sitting ducks” hier in ons land want kriminele het te veel mag en regte. Die regstelsel het 2 stelle reëls. ‘n Sekere groep mense word dadelik veroordeel en tronk toe gestuur, die ander kom skotvtry, of sake sloer vir ewig

JM ·

Elke krimineel in die land het ‘n vuurwapen!! Dit lyk nie asof Cele daaroor bekommerd is nie. Hy is té besig met sy sotlike voorstel dat wetsgehoorsame burgers ontwapen moet word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.