Vrou in maag geskiet tydens kaping

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou is Sondag in die maag geskiet toe sy en haar twee passasiers in Johannesburg gekaap is.

Volgens hoofsuperintendent Wayne Minnaar is die vrou, in haar laat 20’s, voor 6:00 Sondagoggend by die kruising van die R554 en die Ou Vereenigingpad in Eikenhof gevind.

“Die bestuurder van ʼn insleepvoertuig het haar daar gevind en die metropolisie gebel. Hy het aangeneem ‘n motor het haar raakgery,” het Minnaar gesê.

Die vrou het aan die polisie op die toneel gesê sy is geskiet deur die kapers wat haar silwer VW Polo gekaap het.

Volgens haar is die twee mans wat saam met haar in die motor was, geskiet en langs die Golden Highway naby die R554 gelos. Metropolisiebeamptes het na die toneel gery, maar daar was geen teken van die twee mans nie.

Die vrou is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petro ·

Die R550 ou kliprivier pad, Eikenhof is n plek waar daar gereelde aanvalle plaas vind veral by die begrafplaas en die tavern. Laas saterdag is n man voor die toring gesteek met bottels en daar gelos vir dood. Daar was ook al gevalle waar mense aangeval is by oop velde. Mense as dit donker word bly in julle huise.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.