Vrou in Midrand doodgeskiet toe sy bakleiery wou stop

Skietery in New Road (28 Oktober 2016) Foto: Nokuthula Sonile, Midrand Reporter)

Skietery in New Road (28 Oktober 2016) Foto: Nokuthula Sonile, Midrand Reporter)

ʼn Vrou is Vrydagaand in New Roadweg in Midrand, net voor die N1-afrit, doodgeskiet.

Sers. Matome Tlamela, woordvoerder van die polisie, het Saterdag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 20:00 plaasgevind. “Volgens ooggetuies wou ʼn wit Chevrolet-bakkie van ʼn voertuigspoormaatskappy ʼn wit BMW aftrek, weens roekelose bestuur,” het sy gesê.

Volgens Tlamela het albei bestuurders stilgehou en die bestuurder van die BMW het uitgeklim en het met die bestuurder van die bakkie begin baklei. “Een van die BMW-passasiers het na hulle toe gehardloop om die situasie te ontlont. ʼn Skoot het afgegaan en die vrou is noodlottig gewond.”

Tlamela het gesê die bestuurder van die bakkie is in hegtenis geneem.

Die persone wat in die BMW gery het, was op pad huis toe van ʼn Kersfeespartytjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Zoro ·

Voertuigopspooringmaatskappy het geen magte om voertuie van die pad te trek nie – die voorval is traggies , laat daai maatskappy verantwoordelikheid staan hier is gans teveel Rambos in die Land

Jan ·

Laat alle motoriste maar ‘n les hieruit leer : As jy bestuur, moenie ander motoriste probeer aanvat oor hulle swak padmaniere of gedrag nie. Moet veral nie stop en uit jou kar klim nie; jy weet nooit of die ander persoon gewapen is, en in watter gemoedstoestand hy is, of watse tipe persoonlikheid hy het nie. Bly liewer kalm, neem sy registrasie nommer, en as jy by die huis of kantoor kom, rapporteer hom op die polisie se anonieme klagtelyn. Daar sal heelwaarskynlik niks van kom nie, maar ten minste sal jy ongeskonde uit die situasie kom.

Miemie ·

Van n kerspartytjie afgekom en roekeloos bestuur wonder hoekom het die drywer van die BMW roekeloos bestuur en hoekom dan nou nog wou baklei, ek vra maar net (op partytjie – drank) ek se nie die ander bestuurder wat in hegtenis geneem is was reg om te skiet nie, maar het hy nie dalk op daardie oomblik ook gedink aan die ander mense in die BMW wat dalk in n ongeluk kon wees waar ander onskuldige mense ook kon sterf. Ek voel vir die dame se familie dalk nog kinders en n man wat nou sonder n mamma en n vrou is mag onse Vader hulle trooster wees in die tyd van hulle verlies. Maar niemand sebin watse toestand van die drywerin die BMW was nie as hy onder die invloed was is hy net so skuldig soos die ander persoon.

Pieter ·

Laas week het ‘n vragmotorbestuurder dit gedoen en was hy ‘n hero . Nou oordeel julle dié ou?

Buitestander ·

Bly maar kalm en vriendelik, daar is so baie padwoede op ons paaie. Niemand weet wat die bestuurders se toestand is nie.
Dalk kom jy net 2de in ‘n onderonsie.
Verdedig jouself en kly kalem. Iemand wat kwaad is dink nie rasioneel nie. Moet nie in argumente betrokke raak nie!

Johan II ·

Iets is nie pluis nie, trek n motor af omdat jy besorg is oor hul gevaarlik ry, dan skiet jy op hulle…”meneer jy ry gevaarlik en gaan iemand beseer, kyk net wat het jy aangevang, nou is daai vrou dood”…mense wat nie dink nie of n moord bende.

2 kante ·

Niemand her die reg om net te skirt nie en dis tragies wat hoor gebeur het. En ek stem beslis dat mens konfrontasie moet vermy. Maar ek wonder tog ook oor die bmw-bestuurder? Vir my lyk dit as of hy so erg gereageer het dat een van sy passasiers gevoel het sy beter intree voor hy te ver gaan? En as hy natuurlik in die eerste plek ordentelik bestuur het kon dit als vermy word…

Varkie ·

Ek sien gereeld hoe mense ander karre probeer aftrek omdat hulle roekeloos bestuur. Los net sulke mense uit en vermy daai kar, ry sommer n ander roete, jy stel net jouself en ander bloot aan daai tiepe elemente wat moeilikheid wil maak.

Landi Slatter ·

Dagsê Chevrolet

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.