Vrou in motor doodgeskiet: ‘My dogter het onskuldig gesterf’

Quinton en Vanessa Dreyer. Foto: Facebook

Quinton en Vanessa Dreyer. Foto: Facebook

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat Vanessa Dreyer (27) verlede week ten aanskoue van haar man in die oprit van ʼn huis in Edenvale doodgeskiet is nie.

Kapt. Jean Olckers, woordvoerder van die polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê die forensiese span is tans besig met hul verslag.

Maroela Media het vroeër berig Vanessa was Woensdagaand saam met haar man, Quinton, in hul motor in die oprit van ʼn huis in The Avenues toe ʼn wit Mercedes agter hulle gestop het. ʼn Onbekende aantal verdagtes het uit die motor gespring en op die egpaar geskiet. Quinton het glo teruggeskiet en die verdagtes het gevlug.

Vanessa was egter gewond en Quinton het met haar na ʼn nabygeleë hospitaal gejaag. Sy is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Volgens inligting van familie was die Dreyer-egpaar se twee jong kinders ook in die motor ten tyde van die voorval. Olckers wou dit egter nie bevestig nie.

Janette Grobler, Vanessa se skoonma, het Maandag aan Maroela Media gesê die familie wil nie dadelik met die media praat nie omdat hulle nie die polisieondersoek wil benadeel nie. “Al wat ek nou kan sê, is dat ek ʼn fantastiese skoondogter gehad het. Sy was net die beste ma vir haar kinders en ʼn wonderlike vrou vir my seun,” het sy gesê.

Rosemarie Boshoff, Vanessa se ma, het haar op Facebook as ʼn wonderlike kind, ma en vrou beskryf. “My dogter het onskuldig gesterf en sy het twee klein seuntjies wat oneindig lief vir haar was. My kind, ek is oneindig lief vir jou! Rus in vrede. God en engele en jou sus Chantelle sal jou mooi oppas!” het Boshoff geskryf.

Vanessa se begrafnis sal Donderdag om 09:30 vanuit die Ou Apostoliese Kerk in Krugersdorp-Wes gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

bompie ·

Als so onnodig weet jy. Sterkte met die familie. Ons dink aan julle.

m ·

Al hierdie onnodige hartseer wat deur hierdie mense veroorsaak word. Baie sterkte aan die familie.

Sandra ·

Verskriklik! Watter leed moet hierdie gesin, familie en vriende nou vir altyd deurgaan? Sterkte aan almal. Mag die Here versterk en vertroos. Ons was ook so voor ons huis deur 5 gewapende rowers aangeval. “Gelukkig” net aardse goed gesteel wat hulle wou, en ons nie leed aangedoen nie. Ons moet nou seker “dankbaar” wees dat ons “gawe rowers” gehad het. Dit is om van naar te word.

Willie ·

So onnodig, om sinneloos n lewe te neem.. wanneer gaan die stop? Is daar iemand in die land wat die moorde kan stuit? My innige simpatie met die vriende een familie… dis harverskerend om sulke berigte te lees….

Jacobus ·

Dis nes jy sê Willie. Tenminste in n oorlog sone mag jy jouself bewapen en beveilig en verdedig nie soos ons nou is nie.

vierkleur ·

my bloed kook. hierdie jong vrou wat moes sterf aan die hande van terroriste.
ek het op n punt gekom, dat ek dink dit sal beter wees, as hier n burger oorlog in ZAR uitbreek. Dan weet ons dis n oorlog sone, en dat jy jouself moet bewapen en verdedig.

Op die stadium word ons blankes uitgewis. Eks bitter vir hierdie land en sy gemors regering

Gerhard ·

Die hartseer is dat dit net gaan vererger in die nabye toekoms. Die misdadigers weet dat die ANC is met hul rug teen die muur en dat dinge beslis gaan verander wanneer die DA aan bewind kom. Misdadigers gaan soos die regering alles doen om hulle self te bevoordeel. Roof en plunder is ons voorland. Die polisie funksioneer ook soos die van ander Afrika lande. Aldus al die geweld.

Derek Meyer ·

Ag nee. Dit laat mens so kwaad en waarloos voel.

So wonderlike persoon. Alle sterkte vir al die familie.

Sarie ·

Woorde klink lèèg, ek wèèt! Sy het vir julle 2 pragtige seuntjies nagelaat om llief te hê & groot te maak. Hulle sal jul àltyd aan haar herinner… STERKTE.. xoxo

N vriendin ·

Sterkte aan die hele familie. Jy sal altyd n pragtige girl bly. Saam het ons fun tye gehaad saam het ons mowilike tye gehad ons paadjies het geskei na skool maar tog onthou ek jou soos gister . Sterkte vir haar pragtige 2 seuns en haar familoe

Johan ·

Hierdie tipe misdaad wat so floreer is alles te danke aan die groot krisis in ons Strafregpleging

Ons sit tans met n totale disfunksionele strafregsisteem ( ek verwys graag na Professor CR SNYMAN se boek : STRAFREG SESDE UITGAWE op bladsy 21) . Die Suid-Afrikaanse strafregsisteem kan met die beste ter wereld, nie anders beskryf word nie as disfunksioneel. Sedert omtrent 1990 het misdaadpleging vermeerder tot afmetings wat nog NOOIT IN SUID-AFRIKA ERVAAR IS NIE. Tot groot verleentheid van die nuwe Konstitusionele bedeling in Suid-Afrika, het nog die invoering van die HandvesVan Menseregte in die Grondwet nog die die afskaffing van die doodstarf daarin geslaag om die skrikwekkende toename in misdaad in toom te hou en om voldoende persoonlike veiligheid vir die landsburgers te bewerkstellig. Hierdie professor weet presies waarvan hy praat ( en ek dink die meeste van ons weet dit ook reeds) want sy boeke word wyd erken in sowel die regspraktyk as by universiteite reg oor die land. (Die boek word regtig aanbevel vir almal wat belangstel in die STRAFREG)

Natuurlik sal die ANC EN SY JELLIEVIS Regering dit mos ontken want hulle statistieke wys mos baie misdade het gedaal

ekke.. ·

Is daar nie iemand in ons regstelsel wat genoeg umf het om sulke families by te staan en die staat aan te vat weens hul versuim om ons as burgers van die land te beskerm nie? Almal van die stasie bev, regdeur tot by ou zumpie moet die skuld en gevolge dra vir die wetteloosheid wat hulle toelaat. As die spul eers skuldig bevind word, opdok vir die verliese, sal hul dalk heel moontlik ander reels toepas wat wetteloosheid vasvat. Die doodstraf sal nooit terug kom nie! Al ander metode wat as afskrikmiddel kan dien, is om ou arabiese wette in werking te stel… as jy steel, word jou hand afgekap, moordenaars word opgehang en al die dinge moet in die openbaar gedoen en almal in daardie area, waar die misdaad gepleeg is, moet daar wees! Dit sal dalk help..
Menseregte bestaan nie maar kriminele het regte!

Candice ·

My Hart breek vir daai twee seuntjies en natuurlik vir die ouers en haar man maar daai seuntjies verstaan nie hoekom hul ma nie meer daar gaan wees nie. As ek net dink hoe erg my seuntjie oor my huil as ek net winkel toe gaan sonder hom en hom by pappa los dan breek my hart om te dink hoe daai seuntjies moet voel. Ai dis so so hartseer. Sterkte an al haar familie ek dink an julle en weet dis nie maklik nie.

Hannie ·

Jammer om dit te erken, maar my hoop beskaam dat hierdie gruwel daade gaan af neem!

oumie ·

My hart lê stukken in die sand voor my en ek wil op die stukke spring en skop voor my van kwaadgeit ek is briesend met n hart wat bloei hkm hkm hkm n mamma wat kinders gebaar het en nie die voorreg gaan hê om hul grootword te sien nie so jammer mamma RIV en sterkte aan familie

Cherokee ·

‘n Aantal ‘verdagtes’ het uit die motor gespring en op die egpaar geskiet. Dit is wanneer pogings tot politieke korrektheid belaglik is. Hulle het wel op die egpaar geskiet maar behou die status van ‘verdagtes’ wees.

Alida ·

Ai memse dit is tragies maar die SAPD kan regtig nie elke dag oral wees en die misdadigers inwag nie. Genade.

danie ·

Ai Alida, dus as gevolg van sulke stellings dat die land nie meer glo in die vermoe van die poliesie nie. Hulle kan begin aandag gee aan klein misdade soos buitelanders wat net rond dwaal sonder die nodige papiere, of wat sigarette en allerhande goed onwettig verkoop , ek is nie n poelisie lid nie en weet van n paar plekke waar jy cel foon sim kaarte kan koop sonder om te rica, as die poliesie nie eers kan aandag gee aan die klein misdade nie hoe kan ons verwag hulle kan die groter misdade oplos. Om n poliesie lid te wees moet n roeping wees nie n werk nie. As hulle voel hulle kan nie dit doen nie, staan terug en laat iemand wat wil dit doen.

Leonora Alberts ·

Sterkte Sr Boshoff, laat God jul vertrooster wees. AMEN

Nita ·

Soos in die Fillipyne moet hier nou ook n staat van Wettelosheid afgekondig word. Dan kan die leer ingeroep word om die polisie by te staan. Die weermag moet stede patrolleer. Padblokkades uitvoer. Die polisie is totaal oorweldig deur die golf van misdaad. Teen die pas waarteen misdaad nou gepleeg word behoort 2016/2017 misdaad statistieke rekord hoogtes te bereik!

Cecily ·

Hierdie is vir my so hartseer. As die wette maar net toegepas word en dood straf kon terug kom. Ek is tans woonagtig oorsee en hier is die army in beheer hier weet mense ook jy kry lewenslank vir net as jy iets steel. Tronk is regtig tronk ook hier baie gaan dood en as jou familie nie sorg nie kry jy niks hul weier om vir gevangenisse te sorg. In SA vreet hul heeldag mense se geld wat elke dag hard werk. Sterkte aan die gesin dis bitterseer hierdie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.