Vrou in motor in Midrand doodgeskiet

Die blou Hyundai i20. (Foto: Twitter)

’n 38-jarige vrou se liggaam is Woensdag agter die stuurwiel van haar motor in Midrand, Gauteng, aangetref.

Die blou Hyundai i20 is oortrek met koeëlgate langs die pad teen ’n palissadeheining naby Olifantsfontein- en Allanweg aangetref.

Kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, sê die vrou het skietwonde aan haar bolyf gehad en is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Die motief vir die moord is in dié stadium nog onbekend.

Die polisie doen ’n beroep op lede van die publiek om enige inligting rakende die voorval by die naaste polisiestasie óf Stop Misdaad by 08600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nie Verbaas ·

Wetteloosheid heers en Cele pas hoede. Al waartoe hy in staat is en Ramaphosa keur dit goed want hy doen absoluut niks daaraan nie. Verder hoef aansoekers nie meer kwalifikasies in te dien nie so moordenaars kan nou aansluit by die polisie wat dit nog makliker vir hulle gaan maak.

madels ·

Regtig siek wat in hierdie land aangaan. Innige simpatie vir familie en vriende wat nou hierdie sinnelose moord en dood van hul geliefde moet verwerk

Deon ·

Geweldsmisdaad is totaal en al buite beheer in die land! ‘n Mens voel heeltyd of jy in ‘n oorlogsone moet oorleef. – “GANGSTER PARADISE”. Daar is ‘n ernstige probleem by die polisie en regstelsel. Daar behoort ook van ooral BAIE MEER druk op hierdie regering geplaas te word om hierdie slagting op weerlose mense dringend aan te spreek.

Madelein ·

Sjoe, dit klink soos n “hit” Daar is deesdae al meer van die soort gevalle in ons land

Swerwer ·

En Cele skitter in sy afwesigheid. Die spreekwoord lui “Stille waters diepe grond, onder draai die duiwel rond”

JohanR ·

Hoekom is Bheki Cele nog daar? In enige ander regering in die wereld sou hy al lankal gepos gewees het. Antwoord : Cyril Ramaphosa het hom nodig om ‘n tweede termyn te wen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.