Vrou in parkeergebied aangerand, beroof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou in haar 50’s is Saterdag in ʼn kelderparkeerarea van ʼn gebou in Glenvista, Johannesburg, aangerand en beroof.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, is die vrou deur twee verdagtes in die parkeergebied genader en aangeval.

“Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die vrou in haar voertuig met hoofbeserings aangetref,” het Bodasing gesê.

Sy is op die toneel behandel waarna sy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

Die polisie was op die toneel en ondersoek die omstandighede rondom die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

GP ·

Ek is sprakeloos. But on the other hand Daren……dis mos deesdae die norm. Vrou alleen. Parkeer area wat jy voor betaal om daar te parkeer en dit beteken niks. Selfde soos die ”kar wagte” wat jy moet betaal. Maak nie saak waar jy stop nie. Hulle is altyd daar. Jy betaal verseker op jou voertuig, jy het jou lisensie verdien. Maar ry nou net uit sonder om die persoon sy R5 te gee……volgende keer is jou kar gekrap. Maar niemand het niks gesien nie. Nie die ou wat na jou kar kyk nie. Nie die wag van die sentrum nie. Get a life!! Gaan werk vir jou geld….. Voel regtig jammer vir die dame. Vat die sentrum hof toe en kry klaar.

Wat-ek-lees ·

Dis die rede hoekom ek daar doer eenkant parkeer en dan ook sommer ‘n stapoefening inkry na die inkopiesentrum. Natuurlik alles bogronds. Sou iemand jou agtervolg kan jy dit ook dadelik sien.
Om haar nog ook aan te rand is deel van die bloeddorstige optrede.

TVR ·

GP ek stem die dame moet n siviele eis teen die sentrum insit want so kan ons nou nie meer aangaan nie! Hoop die skurke word vasgetrek!

Amanda Van Vuuren ·

26 Junie,

Ek is jammer dat ek moet se! sy moes v beter geweet het!! drek en cowards kies sulke situasies om te roof, verkrag en te moor! ek sal dieselfde doen! Vat die parkeerarea-do hof toe, unless daar iewers n ‘grooottt bord’op is wat se dat mense, veral vroue en oumense op eie risiko daar parkeer! En wat van n sekuriteitskamera/s! elke bietjie kan help!

CommentQueen ·

Ja ona kan nou almal die skuld gee. Skurke, wagte, sekuriteit, eienaar vd winkelsentrum (parkeer area)
Op die einde van die dag moet mense met oop oë loop. Dames kan nie in n parkeer area loop en in hul handsakke grou of op hul selfone klets nie. Mense is in gedagte en sien niks om hul raak nie. Kry jou sleutel in die winkel al uit jou sak. Loop met jou kop omhoog en kyk elke ou in die oë.
Klim eers in jou voertuig en sluit die deure voor jy op jou selfoon wil gesels.Wees op en wakker….
Sterkte vir die Tannie. Hoop sy voel gou beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.