Vrou in plaashuis aangehou, beroof

Argieffoto ter illustrasie.

ʼn Vrou van Ficksburg in die Vrystaat is Dinsdagaand op haar plaas naby die dorp deur vier gewapende mans oorval en aangehou. Die mans het glo R4 miljoen in kontant van haar geëis.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, sê Catherine Cairns (61) was omstreeks 18:45 in haar studeerkamer toe vier mans met klapmusse haar oorval het. Een van die mans het ʼn vuurwapen op haar gerig en die res was met messe gewapen.

“Die mans het Cairns op die grond gedruk en haar hande met skoenveters vasgebind. Hulle het na bewering R4 miljoen in kontant geëis. Hulle het aangevoer dat sy soveel kontant in haar huis het,” sê Mbambo.

Cairns het volgens Mbambo vir die mans gesê dat sy nie geld in die huis het nie. Hulle het toe glo geld via Cairns se selfoon probeer oorplaas, maar was nie suksesvol nie.

“Die mans het Cairns na die boonste verdieping van die huis geneem, waar sy heelnag aangehou is. Twee van die mans het haar opgepas terwyl die ander twee geslaap het.

Volgens Mbambo kon Cairns egter omstreeks 04:30 daarin slaag om by die kamer se venster uit te spring, waarna sy na ʼn nabygeleë plaas gestap en om hulp gevra het. Sy het haar ribbes seergemaak toe sy by die venster uitgespring het.

“Die mans het vier bankkaarte, ’n skootrekenaar, ʼn verskeidenheid drank en juweliersware gebuit. Al dié gesteelde goedere het ʼn beraamde waarde van ongeveer R119 000.”

Die mans is boonop met Cairns se wit Toyota Hilux vort, wat later langs die R71-pad naby Ficksburg gevind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willem

En die polisie is seker op hoë gereedheids geplaas

Piet parys

En……………niemand is nog inhegtenis geneem nie …….. ek is reg nê. Gelukkig kon die dame weg kom en dit is darem goeie nuus

Alta Alleman

Lafaards !!

Persheks Adri

Dank die Vader haar lewe is gespaar!!!

Kartonmonster

Dit is verskriklik hoe hulle die plase so erg aanval ek wens net meer boere kan betyds terug baklei want dit is hartseer hoe erg dit dag tot dag raak