Vrou in polisiestasie doodgeskiet

Argieffoto: SAPD

ʼn Vrou is Sondagmiddag vermoedelik deur ʼn polisiebeampte in die Greylingstad-polisiestasie in Mpumalanga doodgeskiet.

Moses Dlamini, nasionale woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod), het aan Maroela Media bevestig dat die voorval deur Opod ondersoek word.

Volgens Dlamini het die vrou Sondag die polisiestasie met ʼn windbuks binnegegaan. “Sy is binne die polisiestasie doodgeskiet ná sy vermoedelik die wapen op die polisie gerig het,” het Dlamini gesê.

Die nadoodse ondersoek sou Dinsdag gedoen word, maar is volgens Dlamini vertraag omdat die hospitaal nie die liggaam na die lykshuis in Germiston gebring het nie. “Die nadoodse ondersoek word deur die forensiese en patologiedienste gedoen en is buite Opod se beheer,” het Dlamini gesê.

Die naam van die vrou kan nog nie bevestig word nie.

Dlamini het gesê meer inligting rakende die voorval, soos hoekom die vrou met ʼn windbuks die polisiestasie binnegegaan het, sal deur die ondersoek aan die lig gebring word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Payne ·

Sy het dalk die windbuks kom INGEE? Liewe hemel die polisie is trigger happy, geen wonder hulle word kort kort deur die gemeenskap uitgehaal en met hamers geslaan nie. GEEN simpatie met polisiemanne wat soos Rambo aangaan net omdat hulle ‘n wapen het nie. Kom ons raai, daar sal niks van kom nie, polisieman sal die volgende polisiekommissaris word want hy is ‘n LEIER en planmakertjie!

Weet nie ·

Dalk… Hoe sal ons nou weet wat die regte verhaal is? Jy maak jou eie afleidings.

Cherokee ·

Dat die polisie ‘n payne is kan nie weggeredeneer word nie.

Elmarie ·

Dit is voorwaar hartseer en onnodig. Die polisie is nie regtig so ‘trigger happy’ as wat hulle eintlik net baie swak opgelei is. Ek is seker ‘n kind sal die verskil kan uitwys tussen ‘n windbuks en ‘n geweer. Dis eenvoudig onaanvaarbaar, maar laat ons kyk hoe hulle nou hierdie aangeleentheid ook gaan probeer toesmeer. Die tyd is naby vir ‘n groot verandering.

Leahim ·

Soos Zimbabwe se mense moeg is vir Mugabe so is Suid Afrika se mense moeg vir hierdie onbevoegde polisie wat net mooi goed is vir niks hulle moet ook vervang word so gou moontlik

Johan ·

Ek neem aan dat jy nou gaan aansoek doen om by die polisie aan te sluit.

Uvonka ·

Ek dink hulle het geslaap en toe hulle wakker word staan die vrou daar met die windbuks. Skiet sonder om enige vra te vra! Hulle moet vervolg word!

Mathilda ·

So tragies. Ek sal ook skiet as iemand n wapen op my rig.

Adri ·

Ons bly 200 meter van die polisiestasie af en weet van niks! Sal graag wil weet wie die vrou was.

Natasha kapp ·

Mense. Ek het nooit gedink ek sal sulke kommentaar met afgryse lees ni. Julle het haar ni geken ni. Sy was n bekende in ons gemeenskap!!! Mag sy in vrede RUS! Daar was onstadighede wat ni berig word ni! Ja dit maak dit ni reg ni!!! En NEE MOENIE dit rassisties maak ni

Kobus ·

Hi Almal
Ek is ‘n direkte familielid, die familie weet wat gebeur het, verdere ondersoeke word wel gedoen. Dit is te vroeg vir spiegelinge. Ons almal sit ook met baie vrae wat hopenlik aan ons beantwoord sal word.

Mrs.B ·

Simpatie met haar familie. Ons sal nooit die volle waarheid weet nie. Dit help nie om te bespiegel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.