Vrou in Pta aan die brand gesteek

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Vrou, in haar 30’s, is Sondag in die vroeë oggendure in Pretoria aan die brand gesteek.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het in die vroeë oggendure in ʼn informele nedersetting in die Kwaggasrand-omgewing plaasgevind.

“Volgens inligting vanaf die toneel is ʼn vlambare vloeistof, vermoedelik petrol, oor die slagoffer gegooi en sy is aan die brand gesteek. Die presiese omstandighede oor die voorval is onbekend en word ondersoek,” het Dollman gesê.

Dollman het gesê die vrou het erge brandwonde opgedoen en is in ʼn kritieke toestand na ʼn plaaslike hospitaal geneem.

“Die voorval is by die polisie aangemeld en die polisie het verklarings by paramedici en gemeenskapslede by die hospitaal afgeneem.”

Maroela Media het navraag by die polisie gedoen en wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johnny ·

Hoe is dit aanvaarbaar in ‘n opgevoede samelewing? Niemand knip meer ‘n oog as ‘n raadslid se huis uitgebrand word met ‘n gestremde kind binne-in nie, of as ‘n taxi bestuurder met suur in die gesig gegooi word of ‘n vrou aan die brand gesteek word in ‘n nedersetting nie? Is dit regtig wat ons vir ons kinders in die land oorhet? Is dit wat hulle moet leer? Die regering het al wat ‘n program en navorsingsprojek is oor VIGS en Menseregteskendings en Rassisme en Gender equality, maar NIKS oor misdaad nie, niks oor die SKENDING en moord op onskuldige mense nie. Jong kinders in nedersettings word verkrag en vermoor en in ‘n veld gedump, oumense word op plase vermoor, bendegeweld in die Kaap maar die Ministers drink shampagne en vat hulle familie op ‘n uitgebreide vakansie op die belastingbetaler se geld! Hoekom word mense nog vir fone vermoor? Hoekom word die selfoonreuse nie aangevat daaroor nie? Hoekom wanneer ‘n foon gesteel word kan hy nie permanent geblok word sodat hy nooit weer gebruik kan word nie? Almal maak geld en die lyke lê die land vol, kyk maar elke dag in al die nuusblaaie, dit is REALITEITE!

Minder werd ·

Geen oproer van Anc, Eff en wie ookal, is haar lewe dan minder werd as die doodskis video se outjie wat nie eers beserings opgedoen het nie!

Afrikaanse Knaap ·

Die woorde wat in my kop opkom, mag ek nie uitspreek nie. Dis erg.

Leahim ·

Wanneer die DA koalisieregering oorvat by die uitgediende anc moet ons druk op ons partye sit om die doodstraf weer in werking te stel al is dit vir n proeftydperk om te monitor wat die uitwerking gaan wees op hierdie tipe misdade.

Gert ·

Leahim, ongelukkig is die DA ook gekant teen die doodstraf, so jy sal nie ver kom met hierdie plan nie. As jy glo dat aborsie moord is, is die DA ook nie die party vir jou nie. Ongelukkig stem mense blindelings vir hulle sonder om te weet waarvoor hulle regtig staan.

Leahim ·

Gert nee dit is hoekom ek sê koalisieregering ek stem VF+ maar ongelukkig het die DA die meeste stemme jy weet soos die ja stemmers en die np stemmers hulle staan nou bankvas agter die DA dit is jammer maar waar

PieterF ·

Vuur en getalle sal Suid Afrika in swartes se beheer kry. Winnie Mandela se woorde van dekades gelede het waar geword. Die afbreek van alles wat werk, verkragting, moord, bedrog en burgerlike ongehoorsaamheid (wetteloosheid) is deur die “vryheidstryd” in die wese van miljoene swart landgenote geprogrameer – dit is onomkeerbaar en die gevolge is ondenkbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.