Vrou in sop oor opmerking ná Ashwin Willemse-sage

‘n Skermskoot van die inskrywing wat intussen verwyder is.

ʼn Saak van crimen injuria is by die polisie in die Wes-Kaap aanhangig gemaak nadat ʼn vrou glo rassistiese uitlatings op Facebook gemaak het te midde van die veelbesproke Ashwin Willemse-voorval.

Sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die saak is Vrydag by die Laaiplek-polisie in Velddrif, noord van Kaapstad, aanhangig gemaak.

EWN berig die klag is deur ʼn drukgroep, Khoisan Defiance Campaign, aanhangig gemaak.

Sammy Claasen, woordvoerder van die groep, het aan EWN gesê die vrou het na bruin mense as “h*****s” asook “bobbejane” verwys.

Die vrou is glo van Queenstown en het intussen haar Facebookblad gesluit.

Rwexana het gesê die saak word ondersoek en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die drukgroep het aangedui hulle wil hê die polisie moet die saak op dieselfde manier hanteer as die Vicki Momberg-voorval.

SuperSport het Vrydag aangekondig dat Willemse, Naas Botha en Nick Mallett vir eers nie meer op televisie sal wees nie, terwyl daar ondersoek ingestel word na die voorval waartydens Willemse die stel verlaat het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn tegniese fout in SuperSport se ateljee en ʼn opmerking deur Botha het glo daartoe gelei dat Willemse tydens ʼn regstreekse uitsending uit die ateljee gestap het.

“Jy weet wat, ek speel al lank hierdie sportsoort, nes almal van ons hier. Ek, as speler, is vir ʼn lang tydperk as kwotaspeler bestempel. Ek het hard gewerk om my eie respek in dié spel te verdien, ek gaan nie verkleineer word deur twee enkelinge wat in apartheid, ʼn gesegregeerde era, gespeel het en my wil kom ondermyn nie. Ek dink ek het nou genoeg gehad, ek kan nie met mense werk wat ander ondermyn nie,” het Willemse tydens ʼn regstreekse uitsending gesê.

Daarna stap hy na Mallett en Botha en sê: “Julle kan maar daar sit en lag”, waarop Mallett antwoord: “Ek lag nie daaroor nie”.

“Julle weet presies wat gebeur het, dis reg so, ek gee nie om om verspot te wees nie. Ek is bly dit gebeur op regstreekse televisie sodat mense kan sien, julle twee sit hier – nee dis reg [sic].” En dan stap hy van die stel af.

‘n Skermskoot uit die video van die voorval toe Ashwin Willemse tydens ‘n regstreekse uitsending van die Supersport-stel af gestap het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Sy bestaan nie ·

Sy bestaan nie. Dit is n vals profiel geskep deur mense wat volksmoord wil aanvuur.

Cherokee ·

Ek hou van jou idee en dink jy mag dalk verdomp reg wees deur te sê dit is ‘n vals profiel.

Al ·

Sy bestaan nie – ek stem. Om so ñ kommentaar te post is dom verby. Ek glo dis ñ vals profiel.

Leue ·

Wel, dan het die persoon n “fake profile” geskep 8 jaar terug.

Veritas ·

Ek is en was nooit ‘n Ashwin Willemse ondersteuner nie maar om sulke goed op sosiale media kwyt te raak, wys op blote onnoselheid. Jou heethoofdigheid het jou nou in groot moeilikheid tannie. Maak maar gereed vir twee jaar agter tralies.

Gallie ·

Veritas ek stem saam met jou. Die skrywer is nie volgens my enigsins beter as die ” common wittes ” na wie sy verwys nie. Sy sal maar moet pastaan vir haar uitlatings want ek het geen simpatie met haar nie. Mense moet tot 10 tel voor hulle sulke uitlatings op sosiale media maak.

Nel ·

Trollery. Wat het van die onlangse ESKOM -voorval geword – van die persoon wat ook rassistiese uitsprake op FB gemaak het en wat deur die polisie ondersoek sou word?

Haan ·

Kyk hoe gedwee aanvaar sommiges reeds die momberg president wat geskep is. Kultuurmarxisme op sy beste.
“the greatest power in the hand of the oppressor, is the mind of the opressed” – nogal Steve Biko

Kry jul denkrigting reg. óns word onderdruk. óns is die volk wat deur middel van n stelselmatige aanval, uitwissing in die gesig staar… Amper soos paddas in n pot, of hóe Cyril?
Hou op skuldig voel oor apartheid. Ons jonger generasie sit en wag vir leiding vanuit die ouer garde, maar die ouer garde is verlam deur n skuldgevoel wat ons nie ken nie (verskoon my veralgemening)
Ons tik ons vingers stompies op vleisbroek blaaie, ons stuur die een petisie na die ander aan. Ons skenk geld aan organisasies. Tog keer ons terug na die kanale/restaurante/radiostasies/koerante/universiteite wat ons as niksseggende besoekers in ons eie land ag. Tyd om ons toekoms ernstig te heroorweeg. Moreel, demografies en geografies. Ek is moeg om n toeskouer van my eie toekoms te wees. Laastens, verwyder jouself uit die dopamien-gedrewe maalkolk van sosiale media. Dit is besig om die fondamente van samelewings te erodeer, en saai tweespalt in n wêreld wat reeds so verdeeld is.

Ettienne ·

Ek stem nie saam met wat hierbo op FB geplaas is nie. Ek wil net graag weet waarom daar nie so ‘n bohaai gemaak word oor al die FB inskrywings teen wit mense nie. Meeste van hulle praat geweld goed.

rollie ·

Staan jou vry om ‘n bohaai te maak, hoekom doen jy dit nie?

DHK ·

Want almal weet dit sal futiel wees want daar geld ‘n ander stel reëls as blankes die slagoffers is van rassistiese opmerkings. Of weet net jy dit nie Rollie?

Ai Rolie ·

Nee Rollie ons doen dit, daar is meer as 35 uitstaande sake by die MRK waar blankes swartes aangekla het wat rassistiese aanmerkings en haatspraak geuiter het . die sake word maar net VERTRAAG of indien hulle slaag mag die ou net om verskoning vra. SO MENSE probeer, hulle kom net nerens nie.

Nettie ·

Sjoe, Haan, vir die ‘n keer (seker die eerste ooit) stem ek saam met jou! Ek is een van daardie geslag wat in Apartheid gebore is en dus geen deel aan die totstandkoming en ongeregtighede van dié era gehad het nie. Ja, ek het (onbewustelik) voordeel daaruit getrek, maar omdat ons gesin apolities was, het ek nie geweet wat regtig in die land aangaan nie.

Ek het vir die eerste keer van Mandela gehoor, toe ek omtrent so 20 was, toe hy uit die gevangenis gelaat is en toe het ek nogal gewonder wie dié man was. Toe ‘n Kleurlingvrou eendag na my verwys as ‘n “Boer” het ek gedink sy is van lotjie getik – ek was dan ‘n verpleegster!

Nou – polities meer-bewus as tóé en ook maar geneig om my sê te sê voor ek dink – stem ek saam as mense sê ons blankes word subtiel onderwerp aan ‘n volksmoord. Ek het egter hoop vir die land as ek sien hoe blankes vir die eerste keer regtig op- en saamstaan en hoe die wiel stáááádig (maar seker) draai.

smurfie ·

Wanneer gaan mense leer? Jy kan nie sulke goed sê op die sosiale media nie! As iets jou omkrap, praat eerder met jou kat of hond daaroor. Maar hou jo emosies privaat, in jou huis, waar dit hoort

Geleer ·

Ons het geleer en doen dit nie. Hierdie is n vals profiel wat geskep is om moeilikheid vir ons te maak. Die persoon wat die profiel vervals het moet gevang en aangekla word.

rollie ·

Ongelukkig is daar baie van die tannies en ooms in SA. Stel alle witmense in ‘n swak lig.

DHK ·

Ongelukkig is dit die resultaat van 24 jaar van ANC “demokrasie”, of is dit eerder tirannie? Rasseverhoudinge in Suid-Afrika was nog nooit so gepolariseer as juis nou nie. Die verwronge persepsie bestaan dat anderskleuriges hul nooit aan rassisme kan skuldig maak nie, ongeag wat hulle kwytraak.

Vervals ·

Rassepolarisasie gebeur as gevolg van mense wat vals profiele soos hierdie skep en vals nuus oor rassistiese wittes versprei. Hierdie vrou in queenstown bestaan nie, dis vals nuus om polarisasie te skep.

Hanna Hoekom ·

Die vrou beweer haar FB blad is gekaap en dat sy nie die inskrywings gemaak het nie. Hoop maar die waarheid kom uit! Wens hulle wil swart rassiste ook so vinnig aan die groot klok hang…

AD ·

Ek wonder… dit is te maklik geplaas. Al is ek nie reg nie maar, ek dink daar gaan baie fake profiles met kommentaar soos daai begin plaasvind… wat is nou makliker om wit mense slegter te laat lyk en geweld teen wit op te warm nie…

Frank ·

Ek stem want ek het self paar weke terug ‘n Koisan fb groep aan fb gerapporteer oor erg rassistiese posts en kommentaar waarna fb (wat vrek selde optree) van die posts verwyder het.
Dit lyk eerder vir my na blatante uitlokking sodat daar reaksie is en dit dan gebruik kan word om hulle saak aan die groot klok te hang.

Wii ·

As julle maar net bietjie gaan rond kyk op Facebook die goed wat deur almal geskryf word en veral op Julius Malema en ANC bladsye oor Blankes en wat met ons moet en gaan gebeur is hierdie inkrywing niks.

Francois le Cochon ·

@Wii – Of jy het slegte oordeel, of jy het ‘n besonderse sin vir humor. Hierdie Facebook plasing is die ergste moontlike plasing wat ‘n mens op sosiale media kan doen.

Paul ·

Wat ‘n orgie, als het in die pragtige land tot ‘n val gekom, mense is ongedurig, vertrap mekaar, oorlog, kartetse met die mond en dit na net 24 jaar van die ANC aan die bewind, die koers wat hulle inslaan wat mense polariseer en al meer uitmekaar dryf.

Hennie ·

Mens kan seker lesse leer uit die bekende gevalle van die mense wat al beboet is vir wat hulle op sosiale media kwyt geraak het. Die ander alternatief is om jou kop in die sand te druk en later ontnugter te word wat oor jou pad gaan kom.
Daar is nie pille vir onselgeit nie!

Willem ·

En toevallig is die vrou van die facebook se van ook Botha. Facebook gekaap?

Anoniem ·

Willem haar naam is Gretchen, dis op ander media platforms so lankal nie meer n geheim nie

Willem ·

Hierdie vuurspoeg is maar die puntjie van die ysberg, julle moet op die internet sien wat daar werklik aan die gebeur is!

Gertryda ·

Ja nee die frustrasies van die mensdom vier hooggety
Hou jou opinie vir jouself en nie op sosiale media
Onthou jy kan niks aan die situasie doen nie maar kry jouself in n ander situasie waaruit jy moeilik gaan loskom
Toe bek is n heelbek

Gert ·

Wonder net hoekom party van ons landgenote so fynbesnaard is as dit kom by kleur. Jy is wat jy is maak nie saak wat jou velkleur is nie. Ons kan tog nie almal eenders lyk nie. Gaan kyk maar in die natuur. Vinke en mossies is albei saadvreters maar tog lyk hulle verskillend.

Al ·

En hul gebruik die gewraakte skeldwoorde teen hul eie nasie, maar ñ wit mens mag nie waag om dit te sê. Dieselfde gebeur in oorsese lande ook.

Gallie ·

Veritas ek stem saam met jou. Die skrywer is nie volgens my enigsins beter as die ” common wittes ” na wie sy verwys nie. Sy sal maar moet pastaan vir haar uitlatings want ek het geen simpatie met haar nie. Mense moet tot 10 tel voor hulle sulke uitlatings op sosiale media maak.

Cherokee ·

En jy en jou held moet ook pa-staan vir julle uitlatings want ten spyte van jul galbrakery, verkies ek om ‘Sy bestaan nie’ te glo.

Nettie ·

@Cherokee – ek dink ek stem saam met jou: hierdie “antie” bestaan nie; dit was ‘n valse “vleisbroek”-profile (ploeg ek darem nou lekker met ‘n ander man se kallers) en was daarop gemik om aandag te trek en polemiek te veroorsaak.

Net so ‘n flinke “broekhoesie” aan al die ‘blankes’ – die “common” blankes ingesluit – in die land: geeneen van ons is so suiwer blank as wat ons dink nie. As jou voorouers in dié land gebore is, is die kans groot dat daar êrens ‘n KhoiKhoi, Khoisan of San-vrou in jou voorgeslagte is, want die Nederlandse nedersetters het feitlik almal hottentotvroue as wettige vrou gevat in die laat 1600’s, totdat daar genoeg 2de en 3de geslag jong meisies was om met die jong “Afrikaanders” te trou. En selfs dáárna het baie slawe-eienaars nog kinders by hul vroulike slawe gehad …. so, dink maar gerus weer as jy sê jy is “blank”. En hierdie opmerking is op my ook van toepassing, want my oupagrootjie-se-groot-oupa het ‘n Khoivrou gevat toe hy Weskus-langs opgetrek het …….

Ander Koos ·

S A samelewing is nou abnormaal met gevolglike absurde uitkomste

Jozi ·

Ek het ‘n groot probleem met al die rassistiese gemors wat van alle kante af geplaas word. Dit veroorsaak onnodige rassehaat en spanning.
Ek het verder geen simpatie met mense wat geen respek toon teenoor hul mede landsgenote nie. Dis waar die probleme begin – ‘n totale gebrek aan respek vir mekaar.
Ek is trots Suid Afrikaner, en ek behandel almal wat daagliks op my pad kom met respek. Van die man by die vulstasie, die koerantverkoper by die verkeerslig tot by die karwag. Ongeag sy velkleur. Ek ken hulle by die naam.
Ek sal dit nie waag om met mense te praat soos die ouens op sosiale media nie. So as jy nou maar nie jou les wil leer nie, en jy voel jy kan maar gal braak en jy tel moeilikheid op in die proses – kry vir jou.
Daar is keuses en saam met die keuses kom gevolge. Dis net jammer dat die dag wanneer sulke naarhede geplaas word, dat die meerderheid van ons mense nie besef ons deel nie almal daardie sentiment nie.
In my leeftyd wil ek nie met sulke gedrag geassosieer word nie.

Swaar gestraf ·

Hoop sy word swaar gestraf!
Haar uitlating is uiters onnodig en ongeskik.
Sies!
Common kom in verskillende vorms…..

Wit/Swart/Bruin ·

Kan nie die arogansie van party mense verstaan nie! Hoe kan enigeen goedpraat wat sy te sê het. Net omdat sy die uitlating teen n “ander kleur” gemaak het?
As n WIT man n ander WIT man so slegsê sal daar OOK stappe geneem word.
Dit is afkraak van iemand se karakter!

NET WIT ·

NIEMAND Het dit goedgepraat nie . jy lees alweer net met een oog. Ons wil net he almal moet GELYK voor die reg behandel word, dat ALLE Haatspraak aangespreek word.

Braam Maree ·

Is dit nie maar net n teken van frustasie onder Wittes wat elke keer as sondebokke gesien word nie?

Willem ·

Gaan soek die frustrasie by BEE en die dryf van die ANC waarmee daar die afgelope 24 jaar toenemend teen wit mense vure aangeblaas word, daar word nou uiting aan gegee om die vark in die verhaal te wees.

En nou kom grondgryp ook by.

Nettie ·

@NET WIT – ek dink jy som dit alles baie raak in een sin op: ons wil hê ALLE haatspraak moet aangespreek word en ALMAL MOET GELYK voor die reg behandel word.

Ongelukkig gebeur dit nie tans in SA nie. En hier wil ek nou die jakkals in die hoenderhok gooi: mense, dink julle nie dís hoe die anderskleuriges tydens Apartheid gevoel het nie? Dat daar ‘n regstelsel vir die blankes en ‘n regstelsel vir hulle was nie? Dat die blankes die “Base” en hulle die “Klase” was nie? Dat hulle minderwaardige lede van die SA publiek was nie? Miskien ervaar ons nóú wat hulle tóé ervaar het?

Ek dink nou die dag dat omtrent al die TV-advertensies, behalwe advertensies van oorsee, feitlik nét swart mense bevat – nie eens Asiërs of Kaapse Kleurlinge nie, maar nét swartmense. Dit frustreer my, want ek – as blanke – is ook ‘n verbruiker. Ek raak kwaad as swartmense my as ‘n “Boer” identifiseer, want ek boer nie. Ek raak kwaad as anderskleurige mense voortdurend verwys na Apartheid en hoe hulle daaronder gely het en wil skree: “Ja, ons weet dit – kom net daaroor!”.

Ek weet nie of daar noodwendig in my lewenstyd ‘n oplossing vir die rasse-probleem gevind gaan word nie.

Oom Kalahari ·

Dit is sekerlik verkeerd vir die vrou om dit so openbaar te plaas en nogal op “facebook” die duiwel se nota boek. Tog sien ek nie in bogenoemde plasing van haar wat na genoemde woord van “Bobbejane” verwys nie of word hierdie woord nou weer onnodig aangehaal om verdere druk toe te pas.

Spook ·

Weet iemand of sy ooit regtig bestaan, of is haar profiel nie dalk net geskep om onmin te saai nie?

Bertus Louw ·

Hoekom moet Botha en Mallet gestraf word in n saak waar daar geen bewyse is dat hulle verkeerd opgetree het nie? Swig Supersport onder druk vanaf die minister van sport dat hulle onregmatig geskors moet word? Ek is baie bly dat ek nie meer n DSTV kontrak het nie, aangesien ek nie ondernemings wil ondersteun wat swig wanneer hulle onder druk van die regering onregmatige stappe moet neem teen hulle werknemers nie. Ek sal ander mense wat ook so voel aanraai om hulle kontrakte met DSTV op te skort.

MANIE ·

Met die kies van die springbok groep word daar openlik gese daar moet soveel swartes wees op aandrang van die anc. Dit beteken daar is kwota spelers wat gekies moet word bo ander spelers. Die anc is te blameer vir die uitlatings met sy ras beheptheid

Daan ·

Maar net so beledigende wat dit vir Ashwin of die kleurling gemeeskap is, so beledigende is die aanhoudende beskuldigings van apartheid en rassisme op die blanke gemeenskap,plus dan word die blanke gemeenskap saam die beskuldiging strawend hanteer. Soos daar van Momberg ‘n voorbeeld gemaak is, soos dit genoem word, sal daar nou vir ‘n slag van die apartheid beskuldegers ook voorbeelde gemaak moet word. Ek is nie ‘n rassis, nou net so raak ons ook ***vol oor ons ook heeltyd hiervan beskuldig te word. Kan iemand met regstappe teen AW ook begin omdat hy die blanke gemeenskap so beledig het, en van hom ook ‘n voorbeeld maak. Want as die mense apartheid dan sonde teen die mensdom noem, dan is dit BAIE BAIE belediging om iemand van of met apartheid te beskuldig.

Katerina ·

EK het SES woorde – “Kill the Boer Kill the Farmer..Tot DIT nie veroordeel word deur volk en Regering nie..everything else is a moot point.Seriously GET a GRIP..Hoeveel boere en hul kinders is al geslag?????

Ina Bushby ·

Dit laat my stom dat iemand sulke uitlatings maak op sosiale media terwyl daar soveel storms woed in ons mooi land. Ek is blank en ken baie blankes met wie ek vriendelik is, maar wie ek nooit in my vriendekring sal verwelkom nie, omdat ons nie dieselfde waardes deel nie. As die dame wel bestaan, is sy een van diesulkes. My swart buurvrou daarenteen, behandel ek met die respek waarmee sy my behandel en is my deur altyd oor vir haar, soos haar deur vir my. Ons land kan doen sonder mense wat sulke uitlatings maak.

Louis ·

Indien sy dit wel self geplaas het verdien sy alles wat sy gaan kry.
Miskien moet ons egter net eers wag om te sien of dit sy was. Ons moet nie oorhaastig wees om vinger te wys nie.

Jan . ·

Dit is hartseer om die goed te lees . Ons sogenaamde wittes huil heeldag oor plaas moorde en dit wat met ons gebeur maar dan is daar diegene onder ons wat vrylik met die mond moor en dit dan nog wil goed praat ook .
Ek wil vanaand op staan en die mense wat hierdeur seer kry verskooning vra die swak gedrag van sommige van die sogemaamde wittes .

DHK ·

Miskien moet jy eerder opstaan vir objektiwiteit en jou verskonings opsy sit tot alle feite op die tafel is. Dis verstommend hoe blitssnel sommige sogenaamde wittes ander blankes veroordeel sonder bewyse net om polities in die mode te wees. Die gewraakte plasing is verwerplik maar is in alle waarskynlikheid ‘n vals een. Indien nie, sal sy haar straf daarvoor kry. Moet egter nie alle behoudendes oor julle onverdraagsame kam skeer en veralgemeen dat meeste blankes net “aaklige” rassiste is terwyl julle anderskleuriges se rassisme doodswyg nie. Die mes sny twee kante toe.

AGnee ·

Dit is regtig sieklik om plaasmoorde te regverdig met INDIWIDUE op FB se menings. Hoe kan jy se mense huil oor plaasmoorde maar dit is die skuld van diegene wat op FB sulke kommentaar lewer? Dit is mos nou heeltemal onvanpas. BABAS word wreed verkrag en vermoor op plase, so ook oumense, hulle het nie eers rekenaars nie en kan dit nie eers gebruik nie maar vir jou is hulle dood geregverdig? Wat van die baie swart rassiste op FB wat nooit eers vervolg word nie of net om verskoning hoef te vra? Was dit dan regverdiging vir apartheid? Komaan . kom ons wees nou regverdig. Wat het Aswhin se saak met PLAASMOORDE te doen?

Essa ·

Wat ‘n skreiende skande. Wat ‘n verleentheid vir Afrikaans en vir redelike, opgevoede mense. Selfs as dit ‘n fals profiel is is dit hoe die persoon voel. Soveel skade gedoen. Hoop die skepper van die profiel kan opgespoor en krimineel vervolg en gestraf word.

Bkk Bok ·

Die groot probleem is afwesivheid van naaste liefde.
Rassisme is ‘n groot kanker in naaste liefde.
Die mense trap na onder en kruip na bo om iets te bereik maar te wergeefs.

RS ·

Dis vir my bitter jammer dat sulke boodskappe bestaan. Ek hoop werklik dat die waarheid vinnig sal uitkom en die dame se naam in ere herstel word indien haar facebook blad gekaap is. Indien sy dit werklik geplaas het, kan ek net in onbegrip en afgryse my kop skud. Hoekom gee mense hulself oor aan soveel haat en onmin? Ek is trots op my taal en om n Afrikaner te wees. Maar ek is heel eerste n kind van God. En as Christen Afrikaner breek my hart oor sulke boodskappe.

Oom Kalahari ·

Dit is net hartseer om te sien hoe jou eie blanke mense mekaar sal teer en veer en uitmekaar ruk waar ander groepe mekaar sal bystaan en ondersteun ongeag van omstandighede.
AW het ook maar ongehoord opgetree en NM asook NB sleggese met woorde van apartheid en hul verneder op ‘n ope kanaal en toe ook deur Sport Min. Hierdie twee here was ook spelers in daardie era en hul beste gegee, maar het nie apartheid ingestel of daarop besluit nie. Waarom hul daarvoor kruisig?

Pedri ·

Dit wat die persoon sê is wel nie reg nie. Maar hoekom word al die sake net teen blankes gemaak. Daar is elke dag duisende rassistiese aanmerkings wat gemaak word op sosiale media, van alle rasse teen alle rasse. Maar lyk vir my dit word oor verskillende kamme geskeur as dit van ‘n blanke persoon are kom.

Daan ·

AW sal ook vervolg moet word en ‘n voorbeeld van gemaak word soos Momberg. Want apartheid word deur mense as krimineel en sonde teen die mensdom genoem, is sonde en krimineel teen die mensdom nie ‘n ernstige en ‘n VUIL oortreding in die wereld nie?? dan kan somige mense ook nie mense links en regs daarmee slegmaak nie. Hy het mense op die stel onskuldig sleg gemaak met apartheid, en ek dink hy wat AW het nie eers deur geloop onder apartheid nie want hy is te jonk, of het hy? al die kaanse was daar vir hom. My opinie van AW is, ‘n kwaadwillige rassis … punt.

Essa ·

Jozi, baie goed gese. Respek vir mekaar bly die basis van goeie verhoudings. Maar dit sal net begin met respek vir jou self en dit wie en wat jy is. Spruit al hierdie skadelike rassistiese gemors dan uit die onsekerhede van ‘n deel van ons samelewing? En hoe bereik mens hulle om die lig in hulle donker tonnel te sien?

Daan ·

Ek sien geen crimen injuria in die vrou se skrywe nie … Net reguit ongeskik en frustrasie, dis al, en wat mens nie goed kan praat nie, ja. MAAR AW, net so skandelik.

Oom Kalahari ·

Was daar nie ook so ruk terug ‘n rassistiese plasing kwansuis van ‘n blanke man en ook was die facebook blad toegemaak, maar niemand met sodanige naam was gearresteer nie. Dit was ook ‘n bogus boodskap en daar lyk my is mense wat probeer om onnodige aanhitsings te wil veroorsaak en blanke mense se reaksies om verkeerde redes uit te lok. As hierdie peroon nie werklik bestaan moet daar asb dieper gekyk word na wie agter hierdie tipes van agenda skuil.

Robert ·

Ek sal bly wees as almal op die saak fokus en ophou om die blankes af te kraak. Ek was eendag by ‘n geleentheid waar net blankes bymekaar was. Die ds vra toe of ons iemand sien wat ons van buite skade wil aan doen. Ons almal was dit eens dat daar NIEMAND van buite was nie. Waarop hy toe sê ons is ons eie vyand. Die vyand is in ons midde. Dus, dink twee keer voor jy eenkeer antwoord. Om ons self as kommin en onnosel te brandmerk gaan ons niks in die sak bring nie. Die Engelse sê:”cash is king” So, hou julle geld terug van DStv, Loftus, al die plekke waar o s geld gee vir mense om ons mee slae te gee.

Charmaine ·

As n Kleurling wil ek net se dat die Here het ons geskape.Met so n hart soos hierdie persoon,bid ek net dat sy vergifnis sal ontvang…van almal.

Nel ·

Dis ‘n ‘spook sy’ Charmaine. Dis ‘n siek persoon wat ‘n ‘nuwe’stok ontdek het om die Blankes mee by te kom. Let op na die persoon se van soos iewers hierbo in ‘n pos vermeld – ‘Botha’, figure dit nou maar verder self uit.

Dirk ·

Al wat ek kan se is dat ons almal moet leer om respek vir ander te he. Maak nie saak van ras of geslag.

Charmaine ·

Hertzog so jy leer jou kinders dat dit reg is om ander se gevoelens seer te maak.Innie eeue wat ons nou is dit beter om ons woorde versigtig te kies.

Waarheid ·

HAHAHAHAHAHA, die groep wil hê die polisie moet dié saak hanteer soos die Vicky Momberg saga……ironies!!!!
Wat het geword van die man wat die swanger vrou blatant aangeval het met die doel om ernstig te beseer…..jy kon sy woede en haat in sy optrede sien!!!!!!!!!!!!!!!!!!
So gedink geen haan sal kraai………….PATETIESE DUBBEL STANDAARDE
As daai situasie omgedraai was het die poppe gedans dis verseker :-(

KK ·

Fals profiel al dan nie, hoe stupid kan mens wees om in SA nog steeds sulke goed kwyt te raak. FB is eintlik ‘n euwel in verkeerde hande.

Theresa ·

Hoop maar vir “haar” part dis ‘n vals profiel. Kan nie dink daar is nog mense wat dit sou waag om so iets te sê nie, want die skaal hang swaar na een kant toe en is tog nie die moeite werd om jou lewe weg te gooi deur woorde wat kwetsend is nie.

pietsnot ·

Amper dog ek hulle verwys na daardie rasistiese minister in die opskrif.

Eloise Nel ·

Daar word nerens melding gemaak van die raadslid van Bergrivier Munisipaliteit, Billy Claasen wat ‘n video gemaak het van die debakel waar hy witmense sleg se nie?? Hoe werk dit? Gaan kyk bietjie op fb op die Burgerlike Beskerming blad. Is dit nie ook rassisties nie? Hy “soek nie gevriet by witmense nie”. Dis so hartseer dat die rassekaart altyd gegooi word. Gaan kyk hierdie video wat hy gemaak het en kla hom ‘n slag aan. Siesa.

Gilla ·

Klink vir my meer of die wittes sleggesê word in die plasing.

Heila Fourie ·

Heila Fourie
ASB ek vra baie mooi om jul kommentaar op ‘n stuk papier te skryf, deur te lees en dit op te skeur. Ons blankes word alleen vervolg vir rasisme, so hou dit vir jouself asb.
pleitdooi

Queens town inwoner ·

Ek ken gladnie die persoon nie so ook nie my vriende nie. Dit was ‘n valse profiel en die persoon bestaan nie.

Rooikop ·

Hierdie Ashwin Willemse gedoente moet tog nou net ASB end kry …………………dit is
so rassisties gemik teen die wit mense………………………. En DSTV moet asb nou end kry
met hulle aanhoudende gekarring oor mense wat nie wil groot word en aanbeweeg nie…..

gatvol / 'commontare' ·

Ons Bybel se so duidelik moenie oordeel nie.
As jy nie iets goeds het om te se nie…’n stil bek is n heel bek”! Ek verstaan ons word erg frustreerd…maar weerhou dit van sosiale media.
Jy ‘cater’ vir 3jaar tronkstraf. Asb. sit n wag voor jou om op die sosiale media…!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.