Vrou in trompop botsing dood

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

’n Vrou is dood en ’n man beseer in ’n trompop botsing Vrydagoggend op die N2-noord in Durban in KwaZulu-Natal.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê paramedici is net na 09:00 na die ongelukstoneel net voor die M25 KwaMashu-hoofweg ontbied waar hulle “totale chaos” aangetref het.

Twee voertuie het reg van voor gebots en die bestuurders van die motors was in die wrakke vasgekeer. Een van dié bestuurders was ʼn vrou, vermoedelik in haar vyftigs, het Jamieson gesê.

Dié vrou het noodlottige beserings in die botsing opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die ander bestuurder het matige beserings opgedoen en is in die wrak gestabiliseer voordat hy met behulp van meganiese toerusting versigtig deur die plaaslike brandweer uit die wrak bevry is.

Die man is na ʼn hospitaal gehaas vir verdere mediese behandeling, het Jamieson gesê.

Slegs een baan is in die stadium vir verkeer oopgestel, wat verkeersvloei beïnvloed.

Die oorsaak van die botsing is in die stadium onbekend. Die polisie ondersoek die voorval.

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

emily ·

Karre lyk gewoonlik so agv SPOED, Ongeduld en onbedagsaamheid.

Pieter ·

Die N2 is ‘n snelweg, oorsaak is dat iemand aan die verkeerde kant gery het… Die gevolg, ‘n lewe is verloor

DS ·

Sien daagliks hoekom daar soveel tromp-op botsings deesdae is. Niemand het meer geduld om te wag vir ‘n behoorlike “gap” terwyl hulle agter’ n trok of stadiger voertuig (wat binne spoedgrens hou) ry nie. Ek kom eerder 5 minute laat lewendig by ‘n plek aan maar kanse vat ek nie maar die idioot agter jou wil verby, besef sy fout en maak dan plek tussen jou en trok en stel sodoende jy wat versigtig ry se lewe in gevaar.

ChrisE ·

Emily ja ek stem saam. Jy het vergeet van die selfoon tikkers en praters. Sien hulle gereeld. Ongelukkige wag net om te gebeur. Dit is net jammer onskuldige mense sterf of word in die ongelukke beseer.

Cherokee ·

Die blou platbak op die foto skep die afleiding van verbysteek maar daar is tog meer bane, en die platbak is op die stadige baan.

Natalene Visser ·

So n pragtige pad, so maklik veronderstel om te kan bestuur – alles word vir jou gesê met padtekens. Hoe is dit moontlik dat sulke ongelukke dan nog gebeur? HOEKOM? Die min geduld van die land se mense en die baie wat sonder wettige bestuurslisensies bestuur. Sê nie dit was hier die geval nie, maar dis n werklikheid.

marous ·

Want daar is ‘n oormag roekelose trompoppe agter stuurwiele .

AHJordaan ·

Ek het 2 weke gelede die 1ste keer in baie jare weer in Durban en omgewing gekom, en as “gesoute” bestuurder in Johannesburg, wat nie bang is vir ‘n taxi of enige ander onverskillige bestuurder nie, was ek skoon “bang” gery op daardie hoofpad. Die mense ry so onverskillig en teen ‘n onaardige spoed – en ek, wat hou van spoed, maar eerder in die “stadige” baan gehou het om uit die jaagduiwels se pad te bly, is steeds daar ook amper van die pad af gery deur mense wat selfs in die “stadige” baan verby ongeduldig was, al was ek op of redelik oor die spoedgrens.

Cherokee ·

Ek ry byna elke dag in Durban. Ek woon hier, en wat jy hier vertel is dalk hoe ons voel oor die Joeys bestuurders, wanneer ons in Jo’burg aanland. Dit het te doen met vreemde omgewing.

sc ·

Lyk of iemand teen verkeer gejaag het, is snelweg met versperrings tussen die bane.

Lorette ·

Ai tog, asof ek nie genoeg bekommer oor my seun oppad is Durban toe vir die Comrades nie, moet ek nou nog sulke goed ook lees. Ek stem egter saam, ongeduld en spoed is sekerlik van die grootste oorsake van sulke ongelukke.

BB ·

Ek MOET net ietsie se oor die “OUMATJIE” wat vasgemaak onder n stoel le…
“As daardie verpleeg-personeel “BOEIE” in die hospitaal het…beteken dit…sy was NIE die EERSTE persoon wat daarmee vasgemaak was nie..?” Hoekom is daar BOEIE in n Hospitaal…dit hoort mos aan n Polisieman se sy…!!!!

barend ·

Kyk maar gerus dit is gewoontlik n Toyota of n vw polo wat in die tiepe ongelukke betrokke is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.