ʼn Vrou is dood en minstens vier mense kritiek beseer nadat gewapende mans Dinsdag op ʼn bewegende voertuig op die N12-snelweg aan die Oos-Rand losgebrand het.
Chitra Bodasing Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn minibustaxi, met veral vrouepassasiers, het in ʼn westelike rigting op die snelweg gery toe die voorval omstreeks 06:00 naby Daveyton plaasgevind het.
“Die taxi is met verskeie koeëlgate aangetref toe paramedici by die toneel opgedaag het. Paramedici van verskeie nooddienste het die mense begin ondersoek. Een vrou was reeds dood en talle beseer,” het sy gesê.
Bodasing Harduth het gesê twee mense moes met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word. Twee mense is per ambulans na hospitale geneem.
Die polisie is op die toneel en ondersoek die voorval en motief daarvoor.
Dit is verskriklik onskuldige vrouens wat maar net oppad werk toe is en afhanklik is van die taxi…
Dit gebeur elke dag met vroumense in motors ook!
Wat de hel gaan in hierdie land aan? Dis erger as die wilde weste op hierdie paaie.
Mense en dit alles oor Taxi geweld… n persoon gebruik jou dienste en sterf daarin, ek HOOP daardie taxi baas het publieke aanspreeklikheid op sy versekering…
Dit het tyd geword dat kameras voor en agter in voertuie verpligtend gemaak word. Dus moet dit deel wees van padwaardigheid. Sodoende sal daar ‘n beter beeld wees oor wat op ons paaie gebeur asook betreffende ongelukke.
Natuurlik moet dit so wees dat die voertuig net kan beweeg met ‘n kamera wat afneem.
Ek het juis ‘n dashcam vir die doel aangekoop maar baie vinnig besef dat daar is nerens waar ek die “oortreders” kan name and shame nie.
Ek het Pat Hinde in Boksburg al menigmale gebel oor hul vervoerwa wat enige tyd, enige plek stop en mense op of aflaai. Hy ry ook graag 160km/h met die mense aanboord en wag vir ‘n soliede wit streep om groot trokke verby te gaan.
Alles het op dowe ore geval. My dashcam is nog elke dag aan, wanneer (nie as) Pat Hinde se Toyota vervoerwa die dag ‘n ongeluk maak of veroorsaak hoop ek net ek is daar met my dashcam!!
Ja ons leef in die laaste dae , broer sal teen broer opstaan en kinders teen ouers. Daarom sorg dat jou eie lewe reg is en bid vir die wat nie die regte pad ken nie.