ʼn Vrou is Woensdagmiddag, glo ten aanskoue van ander klante, in die badkamer van ʼn KwaZulu-Natalse winkelsentrum vermoor.
Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het gesê paramedici is die middag na ʼn winkelsentrum in Ballito ontbied. Volgens Herbst het hulle ʼn vrou in een van die badkamers aangetref wat steekwonde opgedoen het.
“Die vrou het aan haar kritieke beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar,” het Herbst gesê. “In dié stadium word daar vermoed die aanval op die vrou was die gevolg van huishoudelike geweld. Ander vroue in die badkamer het die aanval sien gebeur, maar hulle was nie in staat om die vrou teen haar aanvaller te beskerm nie.”
Volgens Herbst is die aanvaller ná die aanval deur lede van die publiek en veiligheidswagte by die winkelsentrum vasgetrek.
Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak van moord word ondersoek. Volgens Mbhele is die motief vir die moord nog onbekend.
Ai tog. Dit hou net nie op nie
Ek stem saam met jou…
So waar soos wat…… Padda n manel dra!!!
Anton, die eerste keer in dekades wat ek (weer) daardie uitdrukking hoor.
Winkelsentrumsbestuur moet meer wagte Aanstel en Persone deursoek vir gevaarlike wapens.Mans word deur Mans Sekerheidspersoneel deurgesoek en Vroue deur Vroue Sekerheidspersoneel . Rolswaaideure wat gelok kan word deur Sekerheid op Perseel kan Misdadigers hokslaan .Kammaras identifiseer die misdadiger .Misdadiger word in koelvaste vensters tussen twee koelvaste roldeure ingeblok .By al die ingange en uitgange van winkelsentrums moet dit Aangebring word.Jy word gescan as jy deur Roldeure beweeg
Eidelik is dit jou demokratiese reg om beskerm word, en vry te lewe… Hoe mis ek die ou dae…
Ai Johny. Mens kan allerhande wapens in winkelsentrums aanskaf, en ek is seker in sekere gevalle sal die mense dit maar net steel. Mense huil dat die boere wapens by hulle moet dra, nou wil jy hulle ontwapen by winkels ook.