Vrou jammer oor rassistiese uitsprake ná rooftog

'n Skermskoot uit die video wat deur eNCA op YouTube gelaai is.

‘n Skermskoot uit die video wat deur eNCA op YouTube gelaai is.

Vicki Momberg, die eiendomsagent wat in die sop beland het oor rassistiese uitsprake, het Donderdag in die hof verskyn.

Momberg se advokaat, Nardus Grove, het gesê sy kliënt is jammer oor die voorval en het versoek hy moet dit so aan die publiek oordra.

Dit kom ná ʼn video aan die lig gekom het wat wys hoe Momberg op haar selfoon praat en die k-woord gebruik en vir iemand sê swart mense in Johannesburg is “verskriklik” en sy is keelvol daarvoor.

Die video is geneem oomblikke nadat ʼn grypdief haar motorvenster in Februarie stukkend geslaan het.

Grove het in die Randburg-landdroshof versoek dat die saak nie regstreeks op televisie uitgesaai word nie. Momberg staan tereg op aanklagte van crimen injuria.

Yusuf Baba, die staatsaanklaer, het vroeër ʼn aansoek by landdros Penny Viljoen ingedien waarin verskeie mediahuise versoek het om die saak regstreeks uit te saai.

Grove het die aansoek teengestaan en gesê dit is “sensasiesoekend” en sal sy kliënt se loopbaan vernietig.  “Dit was traumaties en sy het geknak. Sy het nog altyd ʼn baie goeie verhouding met haar kliënte van alle rasse gehad,” het Grove gesê.

Grove het aangevoer Momberg wil nie as ʼn rassis gebrandmerk word nie, aangesien sy nie een is nie. Sy het ook ʼn geskrewe verskoning voorberei.

Phindi Louw, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het getuig die NVG is ten gunste daarvan dat die saak uitgesaai word, omdat “die publiek die reg het om te weet”.

Landdros Viljoen het egter die aansoek van die hand gewys en die saak tot 1 Augustus uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Jen ·

Dis om van naar te word. Hulle is meer bekommerd om haar aan te kla oor rassistiese uitlatings, maar gee nie ‘n flenter om wat hulle mense aan haar gedoen het wat daartoe gelei het dat sy gese het wat sy gese het nie…..Kan dit verwag van die anti wit regering

Jan maak n Plan ·

Ek stem saam met jou Jen – weereens Proudly net Suid Afrika.

PMB ·

So in die kol Jen. Ons land sien mos net wit rasiste raak en die ander kant vernoem ons strate na!!!

Elsie ·

So bly iemand gebruik sy brein om te keer dat dit uitgesaai word. Dis net om verdere haat te saai wat hulle dit wil gedoen hê. Mens kan en gaan die vraag nog duisende kere vra: wat word aan die swartes gedoen as die rolle omgeruil word? Behandel almal dieselfde en moenie altyd mes inhou teenoor die blankes nie! Wat goed is vir die een is goed vir die ander. Hoe gaan wit en swart ooit saam in die land woon as hulle die hele tyd so teen mekaar opgemaak word? Bly iemand steek nou ń stokkie voor met die saak!!!!

M ·

Ek praat die K woord en dit wat in d apartheids era gebeur het nie goed nie. Ja hang dit aan die klok want dit is mos wit teen swart….laat ons dit uitbsein en n voorbeeld maak ,maar laat ons swyg oor die swart teen wit, dit onder d mat invee en ander pad kyk. Lyk vir my die swates het nie net vryheid van spraak nie maar ook van daad. Dit is mos net wittes wat rassisties is. Swartes het dit glad nie in hulle om rassisties te wees nie …..en as hul ons verbaal aanval,sleg sê en gal braak, word dit steeds voor apartheid se deur gele alhoewel diegene glad nie deel was daarvan nie. Hulle vat ons wapens,grond,taal dwing BBBEE af op ons besighede se voortbestaan….waar gaan alles eindig….Zimbabwe se tweeling Zim Zupta Zafrica

van der Merwe ·

Mens mag nie rassistiese kommentaar lewer nie – maar is dit nie rassisme as swart mense die wit mense sonder ophou geweldadig teiken nie?

Die persoonlikheid wat haar motor venster gebreek het – word hy vervolg?

Een van die dae word die doodstraf weer ingestel – vir mense wat verbale kommentaar lewer. Sodra jy egter geweld gebruik kry jy ‘n klop op die skouer . . .

Susan ·

Is hier nie BAIE verkeerde goed gedoen aan die kant van die persoon wat die video sonder haar wete en toestemming afgeneem het nie, ook die gesprek is sonder haar wete en toestemming opgeneem, en dan is haar privaatheid geskend deur die verspreiding hiervan sonder haar wete en toestemming? Sy kan sekerlik hiermee haar eie saak begin en vir skadevergoeding eis van alle partye wat haar gebrandmerk het net omdat sy ontsteld was en ‘n persoonlike gesprek met haar man gehad het oor die trauma waardeur sy sopas is. Is die skelm al aangekeer en haar goed teruggekry…………………..

Bruno Stef ·

My vrou was ook so getraumatiseer gewees tydens n grypdief se brutale optrede en wou nie die swart polisie manne naby haar toelaat nie wat per toeval reg agter haar gery het toe die aanval plaasgevind het en onmiddelik vanself opgetree het en die rower gearresteer het. Ek wil nie die vrou oordeel nie maar verstaan haar omstandighede omdat ek persoonlik al n paar keer deur swart en wit polisiemanne soos drek behandel is. Dit lyk my dit is miskien n kwessie van swak opleiding met party van hulle met so n bietjie arrogansie saamgevoeg.

plaasjapie ·

Lyk my ons sal moet leer vinger taal praat…jy nie kan waag om iets verkeerd te se maak nie saak wat die situasie is nie !

Eugene ·

Sy was rassisties en die video bewys dit! Nou besef sy dit gaan nie tot haar voordeel wees nie, nou is sy ewe skielik jammer. Hoe jammer is sy nou rerig? Rassiste moet die gevolge vat vir hulle optrede en ophou ander verskonings uitdink om hulle standpunte te probeer regverdig! Om rassisties te wees is n ewel en moet uitgeroei word veral as mens godsdienstig is!

Eugene ·

Mense ek is gekant teen enige Moord wat gepleeg word.Dit is wreerd en Barbaars! Maak nie saak of dit nou deur wit of swart mense gepleeg is nie! Rassisme moet nie agv Moorde regverdig word nie.

Steek dan jou kop altyd uit ·

Goed om te hoor, maar van nou af sê jou sê konsekwent, nie net as witmense oortree nie.

Annoniem ·

Eugene,
Ek dink dis andersom: in SA word moorde agv rassisme geregverdig…

Sê maar net ·

Eugene ek lees wat jy sê, ek verstaan wat jy sê. Sy het gesê sy is jammer. Jy raak so opgewonde oor wat sy gesê het, maar nie in die vorige artikel of hierdie artikel het jy eenkeer gevra of die skelm al gevang is nie? Of verstaan ek nou maar net verkeerd? Jy is godsdienstig, ek ook en net so is die ander wat hier kommentaar lewer, maar in dieselfde asem oordeel jy ‘n vrou wat deur trauma gegaan het? Ek is ook ‘n vrou en het ook al deur trauma gegaan, en ek kan jou se as so iets gebeur gaan daar lelike goed deur jou kop. Soos steek dan jou kop altyd uit sê, se dan iets ook as dit swart teen wit rassisme is, maak ook dieselfde lawaai as wat jy nou maak dan is daar ten minste een meer wat sê genoeg is genoeg.

Lee ·

Dis so pateties. Dis nie ‘n misdaad nie. Hoekom doen hulle nie hulle werk met moord en verkragters nie. En daar is ongelukkig net een ras wat rassisties is en die ander mos nie. Build a bridge and get over it…..

Heksejag ·

Ons raak moeg vir die onregverdigheid heksejag en die buiteland moet uitvind hiervan via sosiale media en persverklarings aan media huise. Kontrasteer die saak direk met die vele swart rassistiese gevalle.

Rynhardt ·

E-Tv het vandag weer behoorlik klem gele op hierdie witvrou se rassistiese uitlarings! E-Tv, SABC-sensuur asook media 24het nog noit vir jare, n 100 keer of meer na die wettiging van rassisme in die vorm van regstelkende aksie verwys wat teen Afrikaners hwers nie.Nog minder het bogenoemde n 100 keer of meer verwys na die wreedaardige moorde op blankes op plase en stedelike gebiede nie! Vandag het E-Tv weer klassieke bemarking gedoen vir sy baas, die Anc! Anc politici het mense aangemoedig om vir hul te stem, so ook Zuma! Zuma en Anc het weer baie punte aangeteken danksy E-Tv! Vanaand sal ouboet, SABC-sensuur dieselfde dien.Hoofstroommedia is getrou aan Anc wat hom nog lelik gaan pik soos n kobra!

Penellope Jones ·

Is daar ooit iets gedoen aan die grypdiewe gedoen. . . . . . . .

Adeline ·

Sterkte Vicki, baie mense staan agter jou! As n wit persoon iets verkeerd doen moet dit uitgesaai word?! Klink vir my baie rassisties!

RK ·

Regtig. Dit was ‘n privaat oproep en dit het niks met niemand te doen nie. Die een wat die opname gemaak het. Onthou wat jy saai sal jy maai
Elke hond kry sy dag.

E ·

Kan ons asb ingelig word wat met die krimineel wat haar aangeval het gaan gebeur?

Marc ·

Sover ek weet het die aanvaller weggekom en word nie vervolg nie.

Eben Kitching ·

As gevolg van die regering se vasbeeaadtheid Om wit mense Te vervolg, gee ek nie meet ‘n sent vir enige swart men’s nie. Ek Koop ook niks by hulle nie en ek huur hulle ook nie.

Die regering maak men’s rassisties.

Lance ·

Die rower seker weggekom …kon haar lewe geneem het ….sy het GROOT geskrik en baie mense sou in daardie toestand so optree …dit was nie reg nie maar hel kyk na die onstandighede

Janneman ·

Mense, ons moenie naief wees nie. Die regerende party het hul hul kiesers en die land totaal gefaal. Hulle, sowel as dikseun malema het rassismen nodig en gryp enkele voorvalle aan en blaas dit uit porporsie. Terselftertyd word duisende rasgebaseerde verkragtings, moorde en verminkings op vroue en kinders afgemaak as misdaad.
Vat rassisme weg en hulle het niks om hulle verkiesingsstryd te veg nie. Dit is bewys rassisme is n geringe probleem op grondvlak. Hongersnood, armoede en werkloosheid is die regte probleme wat die varke-met-die-snoet-in-die-trog weier om te erken.
En hier is ons probleem. Die gepeupel lees nie Afrikaans nie, so Afriforum, ek vra weer, hoe gaan ons die mense wat die meeste stemme gaan uitbring bereik en inlig oor die waarheid?

R Burger ·

Strange how some “racist” attacks are blown up but the other side of the coin’s attacks are washed off as nothing.

Johanna Botha ·

Dit wys mens ook net hoe baie waarde gesag en aandag hulle gee as n blanke persoon iets se …hulle neem dit diep terharte …..shame maar groot tone waarop mens maklik trap ….

Pik ·

As wit mens is ek so keelvol om jammer te se oor iets wat niks kan verander jammer ons leef jammer ons se dit jammer ons sien leef en laat leef maar erens raak n mens net keelvol om jammer te se dan gebeur wat gebeur het dink meeste mense sit op so tyd bom en vat net een persoon om die lont aan die brand te steek

Rudi ·

En net gister lees ons van die ANC lid wat steeds sy werk het na sy uitlatings maande terug al, wat die mense regte komissie nog nie vervolg het nie. Beplan om stappe te neem, en wertlike stappe neem, is 2 verskillende goed. Die rassisme gaan net voort bestaan terwyl die rassistiese oogklappe van die mrk aan bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.