Vrou, joernalis in hof wat glo dubbeld stem

‘n Skermskoot van Etienne Mare uit die video waarin hy wys hoe hy die inkmerk op sy duim verwyder. (Video: Suburb.News)

ʼn Joernalis en ʼn vrou van Barberton in Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat hulle in ʼn video erken het dat hulle meer as een keer in vandeesweek se algemene nasionale verkiesing gestem het.

Etienne Mare (52) en Malinda Holloway (57) is vandag deur polisiebeamptes opgespoor en in hegtenis geneem. Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, sê Mare en Holloway het vandag in die Barberton-landdroshof verskyn op aanklagte dat hulle meer as een keer gestem het, met opset ʼn vals verklaring afgelê het of anders aanklagte van bedrog en skending van die reg op geheimhouding.

Mare, ʼn joernalis verbonde aan Suburb.News, het Woensdag ʼn video op dié instansie se Facebook-blad gedeel waarin hy ʼn onderhoud met ʼn kieser voer wat beweer dat sy drie keer in die verkiesing gestem het. Die kieser se gesig word in die video verbloem en hoewel daar aangeneem word dat dit Holloway is wat in die video praat, word die persoon slegs as Mev. M geïdentifiseer.

Mev. M beweer in die video dat sy drie keer by verskillende stemlokale gestem het deur bloot die inkmerk van haar duim af te haal. Sy beweer die skandeerder by die stemlokale het nie vasgestel dat sy reeds gestem het toe haar ID ʼn tweede en ʼn derde keer geskandeer is nie.

‘n Skermskoot uit die video. (Video: Suburb.News)

Mare beweer dan in die video dat hy hierdie bewering getoets het deur ook by meer as een stemlokaal te gaan stem. In die video wys Mare hoe hy die inkmerk van sy duim verwyder nadat hy die eerste keer gestem het en neem hy ook ʼn kamera in die stemlokaal in om te wys hoe hy glo ʼn tweede keer stem.

Volgens Naidoo is Mare en Holloway twee van altesaam 24 kiesers wat in hegtenis geneem is omdat hulle probeer het om meer as een keer te stem. Dit sluit in 17 kiesers van Dannhauser in KwaZulu-Natal, twee van Hluhluwe, een van Izingolweni, een van Sawoti en een van Douglasdale.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het vroeër gesê die bewerings oor dubbele stemme word tans ondersoek.

Naidoo het ʼn beroep op die publiek gedoen om inligting oor kiesers wat probeer het om meer as een keer te stem by 08600 10111 aan te meld. Inligting sal as streng vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

jaco ·

As hulle swart was het daar niks van hulle dubbel stemmery gekom nie…

Wou net punt maak ·

Hierdie twee helde wou net die ongeregtigheid uitwys, anders sou hulle dit mos nie verkondig het nie.

anni ·

Jaco, Ja hul sou ni gevang word ni, want hul is ni behep met video’s neem,en rond stuur ni. Bly net stil.

Elsa ·

En wat van dié wat op die sypaadjie gesit het en honderde stembriewe I gevul het?

jannie ·

Die feit is hulle het nie twee keer gestem nie……hulle het kruisies agter elke party getrek om dit n spoil vote te maak..so hul voting was nie legit nie……hulle wou net wys hoe maklik dit is om meer as een keer te stem….dis al.

Johan ·

Die enigste en logiese oplossing is om voortaan nie die kiesers toe te laat om by enige lokaal te laat stem nie. Net by die stemlokaal waar hulle geregistreer is.

Avra ·

Johan, wat van elektroniese stemming. Duim afdruk. Hul kan net hierdie stelsel met Binnelandse Sake se register te koppel. Geen registrasie is eers nodig nie.

Charlene ·

“Wou net punt maak”… As hulle swart was, het jy gese hulle was skelm. Nou is hulle helde? Hierdie blatante dubbele standaarde maak my gek! Hulle is nie helde nie! Hulle is skelm en arrogant om nog daarmee te koop te loop ook. Niemand beweer ons verkiesings is enigsins bo verdenking nie, maar regtig!

Fopnuus ·

Huh, kon hulle dit nie uitgeskakel het nie? Hoe ver dink die ouens? Die ID-leser kon dit mos dadelik uitgewys het! Of was dit so gereel?

Zoro ·

Skoenmaker hou jou by jou lese – los dit vir Shurlock Holmes

anni ·

Hoekom is mense so stupid om altyd als op video te sit, en dan di hele wěreld daarvan te laat weet.

BlinkStephaans ·

Tenminste het julle bewys daar is n helse gat in die proses… maar dié het ons tog geweet… daar is letterlik nie een ding wat die regering van die dag kan reg doen… hoekom sal enige persoon so naief wees om te glo die verkiesing sal reg werk. Ek hoop julle het hulp in die hof… sterkte…. en ek hoop iemand het n plan om die proses voor die gereg te daag. Want wragtig julle is maar n verskoning op die beste dag.

Stefan ·

Die fout is nie by die kiesers nie, maar by die OVK. As jou spesifieke ID nommer alreeds gestem het, hoe bestaan die moontlikheid om deur die skandeer masjiene, nie opgetel te word nie? Dit is absoluut belaglik. Die tegnologie bestaan tog en word nie gebruik nie. Dom, onnosel skepsels. Die is nou maar net die bewys dat die OVK nie hulle werk/huiswerk gedoen het nie.

C Vorster ·

Ek stem 100% saam met jou. OVK moet hier volle verantwoordelikheid neem.

Pretorius ·

Kom ons sê een van julle kinders word uitgevang dat hy ‘gekrip’ het in die eksamen – want hy wil bewys dat die onderwyser nie sy werk doen nie? Gaan jy hom prys oor sy fantastiese idee? Nee regtig. Two wrongs does not make a right.

Mariana ·

Net die feit dat hulle meer as een keer kon stem is al klaar ‘n bewys dat die verkiesing nie regverdig is nie. Net omdat ander mense nie gevang is nie beteken nie daar was nie meer nie. As mens mooi na hulls videos kyk sal jy sien dat hulle ‘n toets gedoen om te bewys dat dit eintlik maklik is om meet as been maal te stem, maar die feit dat hulle wit is, laat hulle mos nou uitstaan. Die hele verkiesing is ‘n verdomde klug.

Tokkolos ·

Damn hoekom moes die witmens nou weereens bewys hoe kurrup die regering is
Damn net omdat hul nou wit is gaan dit baie erger gevolg hê
Daar is klaar bewys dat die kleure wat gevang is onskuldige is want hul kon dit nie doen nie
Maar nou gaan maak hul n video van hulself om n punt te bewys Regtig

Pieter ·

Hy wou nie werklik twee keer vir ‘n party stem nie. Net wys dit is moontlik. In ‘n ander berrig word gesê dat hy sy tweede stem bederf het. Nou word hulle vervolg om die stelsel se foute te verbloem.

Planke ·

Hulle het net ons korrupte verkiesing stelsel beats. Ek staan agter hulle want my vinger het ook vinnig afgevee en ek is honderde km van Barberton af. Dankie dat julle die guts gehad het en dit bewys het.

Judge Dredd ·

Gearristeer omdat hulle die ANC se skelm streke ontbloot het.

Se maar net ·

en soos altyd gaan net hulle vervolg word en niemand anders nie

Marinda ·

Wonder hoeveel van die kiesers wat Woensdag gestem het staan agter die deur. Eerlikheid kry jou net in die moeilikheid. Ek hoop die werêld sien daai video clips

madels ·

Ongelooflik dat hulle situasie uitgebassuin is EN HUL GESIGTE gewys word! Maar wat van al die DUISENDES wat dit gedoen het, die swartes wat alreeds gevang is!? Waar is hul name en fotos??

Ellisras ·

Daar is perke aan ondersoekende joernalistiek. Carte Blanche het al dwelms gekoop. Die SAPD vooraf ingelig. Onder hul toesig.
Die mense het die wet oortree. Daar was ‘n ander persoon wat gestem het. Ink afgevee het. En weer gescan het. Toe Hoof verkiesing beampte geroep het. MAAR NIE gestem nie.

Andreas ·

Maar per Netwerk24 is daar ‘n gaval waar ‘n ‘Fluitjieblaser’ oor dubbelstemme toe vasgetrek. Sy inhegtenisneming is ’n geval van waar die “fluitjieblaser” eerder as die oortreder geteiken word, sê Etienne Maré, eienaar van Suburb News, ’n gemeenskapsnuusdiens in Mbombela.

Boy van die Suburbs ·

Goeie genugtig! Die mense het ‘n EKSPERIMENT uitgevoer om die skuiwergate in die Verkiesingstelsel uit te WYS, en nou moet hulle in die Hof verskyn daarvoor! AfriForum help hierdie mense asb!

Net wittes vervolg ·

Goeie voorbeeld van hoe net ons geteiken word. Ons moet opstaan vir ons gelyke reg

J ·

Die skade is klaar gedoen. Die mense wat meer as een keer gestem het se stemme is nogtans in die stelsel opgeneem en word ook getel. Al word hulle gestraf, bly hul stemme steeds staan. Of hoe? Hulle gaan mos nooit erken vir wie hulle elke keer gestem het nie.
Ek was ook verbaas om te sien gevangenes mag stem. Verbeur jy dan nie jou reg om te stem wanneer jy skuldig bevind is aan ‘n kriminele daad en daarvoor in die tronk is nie? Ek het altyd gedink jy word van jou regte gestroop as jy in die tronk is. ‘n Tronk is mos ‘n plek van straf – dis nie ‘n paleis vir bevoorregtes nie.

Karin ·

Ek was nou die dag verstom om in ‘n program oor die radio te hoor hoe die gevangenes regte het en MOET kan stem en MOET beter behandel word. Ek was verstom oor hoe hulle regte beskerm moet word. En dit terwyl sommige van hulle ander mense se regte weggeneem het deur verkragting en moord.

Sarel ·

N Misdadiger verloor nooit, altyd die volle beskerming en veel meer as die slagoffer. Woon net apart van families maar kan selfs n lapdance gereel kry of vanuit sy sel sy misdaad laat bedryf en ook gratis studeer en later n politiekus word. So kan mens aan gaan.

Hans Richardt ·

As hulle dit kon doen, hoe vry en regverdig was verkiesing dan?

CHAPPIES ·

Ás…mens nou WÍL stupid wees, nehhh, dán moet jy maar TOUSPRING wat!!!
Ons wéééééééét…mos noual, ás jou ou velletjie WIT is, moet jy ligtrap!!

Gert van Wierdapark ·

Ons Vel-Kleur (o-v-k), tel teen ons want as jy stem of meer as een keer stem om te toets, dan KAN die volle mag van die gereg mos “toe slaan” om die OVK se verkiesings-skuiwergate bloot te stel. Die spoed waarteen die arme twee vasgetrek is, is duiseligwekkend! NOU is die beeld van die Ver-kies-sing-kom-missie darem weer bietjie blinker gepoets, want skuldiges” is aangekeer. Miskien moet kiesers in die vervolg gekeur word, en nie vervolg word as hul nie gekeer kan word nie!

Sarel ·

Bevestig net wat vele kere tevore al gese is, SAPD is nie werklik so hopeloos nie, die velkleur van die oortreeder maak die verskil. Tog bly dit n oortreding Indien dit nie n polisie geleide optrede is nie. So gaan dit egter reeds Vir jare aan.

SHL ·

nee wat, dit was n beplande voorafgereelde plan, dit is hoekom hy dit juis op video afgeneem het. Eintlik baie skerp.

Jacques ·

Die ander 18 wat in KZN gevang is, is nie wit nie, so hou op om altyd die kleurkaart te speel.

John ·

SA sal nooit oorskakel na 1eW-metodes nie want dan sal onwettiges en skelms uitgevang word. Daar is niks soos ‘n vingerafdruk om ‘n ou skelm/moordenaar uit te wys nie en verder sal ingebreek kan word deur kundiges om die streke van stemswendelaars openbaar te maak. Hulle verstaan nie, in Afrika is slinks ‘n goeie hoedanigheid teenoor slim wat baie harde werk verg… in diè warm klimaat?

Roos ·

‘n Punt is bewys. Mag alle oneerlikheid op alle vlakke so flink vasgevat word. Dalk het hulle hul stembriewe bederf sodat dit nie getel word nie. ?

Derek ·

SKELMSTREKE VADGEVAT WORD, Roos….??? Op watter planeet leef JY? ?

Derek ·

Neee,ou Rosie…hulle gaan nié dié korrupsie VASVAT of stopsit nie,dis wié hulle is,hier gaan niks van kom nie

Donderstorm ·

Ja nee “vry en regverdig” ss met die vlykie blasers word hul toegesluit om n waarskuwing te wees vir ander om stil te moet bly soos met agrissi mens kan elektronies stem soos hul se met n duim druk dan kan dooie mense ook nie stem nie maar wie se hul verander dit nie weer elektronies in hul guns nie n oplossing meskien is soos bv die verenigde nasies om dinge by te staan en korupsie te voorkom.

Julie Jansen van Rensburg ·

Wat my absoluut dronkslaan is dat ons oor al die moderne tegnologie beskik om ‘n elektroniese verkiesing te hou – jy word reeds “elektronies” geëien wanneer jy by die lokaal instap – waarom nie ‘n elektroniese sleutelbord in die stemhokkie met al die partye se name daarop – jy stem vir Party-“X”, druk die knoppie en jou keuse word onmiddellik na ‘n sentrale hoofraam rekenaar gestuur waar jou keuse in ieder geval in jou party se afdeling geregistreer word. Aan die einde van die dag sien die owerhede met een oogopslag al die uitslae – klaar getel met die syfers wat duidelik elke party se resultate wys – wat ook ure – en selfs dae – se tellery en foute uitskakel … maar nee – hier by ons word dinge mos “ANDERS” gedoen, want as die korrupte regerende party verloor, beteken dit dat die kripvreters nie langer – met komplimente van die arme belastingbetaler se swaarverdiende geld – hulle eie reeds oorvol bankrekeninge verder kan laai nie… kom, al julle slim rekenaar-fundis – sit bietjie koppe bymekaar en sien of soiets oor vyf jaar op hierdie manier gedoenkan word???

Lerato ·

Hierdie twee mense het ‘n geweldige misdaad gepleeg. Hulle het die waarheid ontbloot. Hoe durf hulle?
In Suid Afrika is die waarheid mos ‘n leuen, en die leuen ‘n waarheid.
Gaan ons verkiesings die Zimbabwe pad loop?

Lizelda ·

Sou dit nie beter gewees het indien die joernalis dit opgetel dat d ink afvee het om dit dadelik bd stemlokaal of OVK aan te meld nie. Two wrongs dont make a right. Gaan nie v my oor velkleur nie. Reg is reg en verkeerd bly verkeerd.

Lerato ·

Hallo Lizelda
Omdat hierdie probleem wyd voorkom, is dit dringend noodsaaklik dat die regering en die breë publiek ingelig moet word.
Ek en my vrou het gaan stem en na die stemmery, was sy skottelgoed en sê. My jinne my merk is af.
Ons sou nooit daaraan dink om twee keer te stem nie, maar ander mense dink anders.
Ns. Sou hierdie mense dit by die lokaal aangemeld het sou antwoord bloot wees.
Sorry it’s a mistake. En niks sou aan die saak gedoen gewees het nie.

Harryj ·

Dit sal nooit regverdig verloop nie.Jaag al die buitelanders uit die land uit, dit hoekom die ANC die grense oop gestel het vir afrika lande(meer stemme)ha ha ha.Dan word ons mense nog gevra om toe te sien dat ander Afrika lande se stemmery vlot verloop he he he.Ek hou my al jare lank nie meer op met sulke snert nie.Baie beter dinge om te doen DANKIE

Tersia ·

ek weet van een wat n Mosambieker is sonder n SA identiteit dokumentwat in die vorige verkiesing gestem het.

Anoniem ·

Met die kommentaar wat gelewer word is ek seker omtrent 90% van jul het nie eers die video gekyk nie. Hy het in sy video gewys waar hy die 2de keer wat gt gaan stem het 10 partye gemerk het, wat beteken die stem tel in niemand se guns nie. Kry eers al jul feite reg voor jul kommentaar lewer. Kom by!

ne ·

ovk net so korrup soos die anc. wil jy vir my vertel hulle het nie getoets of die ink afwas nie? darem snaaks dat almal dit weet behalwe die ovk.

alwyn burger ·

Gaan ELEKTRONIES. Dit is GOEDKOPER. Wat is al die duisende kiesbeamptes betaal. Baie van hulle is swak opgelei en het maar net daar kom sit vir geldelike vergoeding

A Mac ·

Ek hoop regtig dat hierdie op niks vir die twee sal uitloop. Hier is ‘n korrupte praktyk in die sisteem uitgewys. Hoeveel mense het dit nie tot voordeel van bv. die wenparty aangewend nie dat niemand weet daarvan. Toe ek gaan stem het met my groen id het ek ‘n stempel in die id gekry by die lokaal saam met my stembriewe, nou wil ek weet, die persone met die id-kaarte, waar is hulle stempel gesit toe hulle hul stembriewe ontvang het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.