Vrou jok glo maande lank oor kwalifikasie

Asisipho Mbekela (Foto: Facebook)

ʼn Jong vrou wat na bewering maande lank oor haar kwalifikasie gejok het terwyl sy as radiografis by die Livingstone-hospitaal in Port Elizabeth gewerk het, het Dinsdag vlugtig in die plaaslike handelshof verskyn.

Asisipho Mbekela (25) van Walmer Heights in Port Elizabeth staan tereg op aanklagte van bedrog nadat sy haar glo as ʼn radiografis in 2016 voorgedoen het sonder dat sy oor die nodige kwalifikasie vir dié departementele pos beskik het.

Mbekela is op ʼn kontrakbasis deur die departement van gesondheid aangestel om haar gemeenskapsdiensjaar by dié hospitaal vanaf 1 Januarie tot 31 Desember 2016 te voltooi. Mbekela het egter eers in Maart daardie jaar begin werk en is later in September afgedank.

Volgens die klagstaat het Mbekela destyds op haar Z83-aansoekvorm aangedui dat sy ʼn kwalifikasie as radiografis by die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie in 2015 verwerf het.

Die staat voer aan dat Mbekela egter gejok het aangesien sy dié diploma gedruip het. Mbekela het net een van haar vier vakke tydens haar finale eksamen in November 2015 geslaag.

Die saak is vandag tot 29 April uitgestel aangesien afskrifte van die dossier nog gemaak moes word en die hof nog op sentralisering van die aanklagte wag. Mbekela is borgtog toegestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Koos ·

Is registrasie by HPCSA nie nodig om te praktiseer as radiografis nie? As dit is sal hulle dit mos opgetel het?

Thea ·

O aarde wat van die arme pasiente waarvan sy x-strale moes neem?

Judge Dredd ·

Nuwe wetgewing se sy kan 5 jaar tronkstraf kry. Kom ons kyk wat gebeur.

Roelf ·

Bevorder haar tot dept. Hoof!
Sy gaan baie goed doen in die politiek. Binne maande LUR of selfs Minister.

Zel ·

Stem daam Roelf hoe swakker en hoe meer korrup hoe meer geskik is hulle vir hierdie korrupte regering – ek dink ons sal lag as ons sien watter kwalifikasies ons hounarable members het

Abe ·

Growwe nalatigheid aan die kant van haar indiensnemers. Dis die eerste wat hulle moes nagaan, voordat sy aangestel geword het.

Sonnie ·

100%vakmanne en beroeps dames en mans moet getoets word 90 % is fake glo my

Linda van Mosselbaai ·

Wel sy het die werk gedoen gekry – moet sy nie nou maar gehelp word om die vakke te slaag nie.
Ons het net die dun kan van die storie – wat was haar omstandighede dat sy nie die vakke geslaag het nie? Voordat ons nou klippe gooi laat sy die volle storie hoor.

Voor almal my nou met klippe gooi – ek praat nie haar bedrog goed nie – die mense wat haar moes keur – moet ook aangespreek word – hulle het ook nie hulle werk na behore gedoen nie!
Sterkte en laat almal opgebou word in die proses!

Vra maar net ·

Haar omstandighede? As sy op uni kon gewees het is al wat van haar verwag geword het om te leer…en nee nie om te lieg nie maar om haar ander 3 vakke te slaag!

MB ·

Regtig?! Hoe kan jy dit goed praat? GEEN situasie regverdig die feit dat sy gelieg het oor haar kwalifikasies nie. En veral nie in die gesondheids bedryf nie. Sy het met mense se lewens gespeel

Michelle ·

Seker saam klippe gegooi en nie gestudeer nie. Geen simpatie met haar nie. Oneerlikheid is onaanvaarbaar. Klaar!!!

Nee genade ·

Sou jy nog so gevoel het as sy met jou of een van jou geliefdes se gesondheid gedobbel het?? Genade sy het nie blomme verkoop nie sy het in die mediese sektor gewerk!

Liza ·

Ek sien dit gereeld dat mense jok oor kwalifikasies. Ek stel gereeld mense aan en kry gereeld CV’s wat se hulle het matriek maar dan wys die vakstaat dat hulle net een vak deurgekom het. As ek vir hulle se hulle het nie matriek na dan stry hulle want hulle sien die vakstaat as ‘n matriek. So ook met FET Kolleges se uitslae. Dit is skrikwekkend wat daarbuite aangaan. Selfs al mense gekry wat ambag Rooiseels vervals het.

Petrus ·

Ag shame!!! Arme mens!! Haar rolmodelle doen dit dan!! Toemaar, daar lê n blink politieke toekoms voor vir haar. Viva-la-1st- female-Prez! Viva

Manie van Worcester ·

Wat in die naam van reg is arm aan dit, is krimineel . my volk vergaan in onkunde en goed bedoel

Skepties ·

Laat my wonder hoeveel mense gekwalifiseerd was vir die pos maar nie in ag geneem is nie. Is dit nie maar dis norm nie ?

Blommeverkoper ·

Bly in een van P.E. se spogbuurte! Hoe dan anders? Volg maar net die leiers se voorbeeld, soos ou” Dr” Pallo Jordan!

erika ·

linda! Ek dink sy het blatant gelieg… as sy eerlik was sou mens haar dalk wou help, maar bedrog is bedrog… hier is dit nog erger, want sy kon mense oorbestraal het.. HR moet elkgeval ook ‘n warning kry, want ek wonder hoeveel daar nog is wat sy laat deur glip het..
As almal moet lieg was ons almal miljoenêrs!!!

Valerie ·

Sy kon deur hulle sien, maar hulle kon nie deur haar sien nie.

Hanna Hoekom ·

So, sy kon nie eers die 30% gemiddeld haal nie? Nou ja, dan lieg mens maar seker.

fred ·

sal nooit verstaan waarom die matrix slaag vereiste so laag is…in my tyd oorsee moes jy in ELK vak 50% behaal anders herhaal jy die GANSE jaar….

ogies ·

Hoekom is haar storie in die nuus? Dis deesdae n algemene ding. Dis soos asemhaal

Dries du Toit ·

As Hlaudi Motsoneng die SABC kon bestuur met n vervalste matriek sertifikaat kan sy seker x trale neem

Marietjie ·

Glo my sy is nie die enigste een wat oor haar kwalifikasies gelieg het nie. Party word net nooit gevang nie.

Schalk ·

20 persent reel van onderwys.Sy het 20 persent van haar vakke geslaag wats fout.Jy het net 20 persent nodig,so sê staat hoekom haar hof toe vat.Die slaag punt is hoog eintlik moet dit 10 persent wees.Staat is 10 persent effektief .Ons is mos trots 10 persent eerlik.So sal regering beginsels hul in die gat byt veels geluk Asisipho jou aanstellers is 10 persenters jy is n 20 persenter so gaan werk net by ander hospitaal hulle sal nie weet nie want jy is twee keer slimmer.

Heksie ·

Dié is net die oortjies van die seekoei … daar is hordes wat lieg oor hul kwalifikasies en top poste beklee.

Dries Moolman ·

As mens kan lieg oor jou opvoeding, dink net tot wat se ander misdade jy in staat kan wees.

Whatever ·

ag wat . dis mos maar wat oral gebeur. die vorige TUT HOOF het ook vir jare gelieg oor sy grade en miljoene rande ‘n jaar verdien en NIKS terugbetaal nie, hy is met ‘n golden handshake laat gaan …

Dirk ·

So lieg hulle hulle almal in posisie in,waar die mense wat die regte kwalifikasies het nie aanvaar word vir sulke werk nie..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.