Vrou, kêrel sterf ná geweerskoot, brand

Foto verskaf deur SAPD Limpopo

Die polisie in Waterval buite Louis Trichardt in Limpopo ondersoek ʼn saak van moord en doen ʼn geregtelike doodsondersoek ná ʼn voorval Vrydag omstreeks 12:20 by die Nwa Xinyamani- informele nedersetting.

“Die vrou, Thoko Rikhotso (41), was by haar ouerhuis toe haar vermeende kêrel, slegs bekend as Emmanuel van Waterval Location, opgedaag het,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die twee het in die huis ingegaan en ná ʼn paar minute is ʼn geweerskoot gehoor. Bure het daarna rook uit die huis sien borrel. Hulle wou die paartjie te hulp snel, maar die huis was reeds in vlamme gehul.”

Die twee het onherkenbaar verkool.

“Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie. Die polisie volg inligting op dat die twee moontlik huishoudelike of verhoudingsprobleme gehad het.”

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, het met skok verneem van die voorval. “Ons beleef tans sporadiese voorvalle van gewelddadige sterftes waar vroue die primêre slagoffers is. Net ʼn paar dae gelede het ons op die gedeeltelik gebrande liggaam afgekom van ʼn vrou in haar 20’s wie se identiteit nog nie bepaal kon word nie. Haar liggaam is op die buitewyke van Polokwane in die Westenburg-polisiëringsgebied gevind. Haar arms en bene was vasgebind. Dit is kommerwekkend vir alle wetsgehoorsame burgers van hierdie provinsie,” het Hadebe bygevoeg. “Ons maan almal om van beskikbare platforms gebruik te maak wanneer hulle huishoudelike of verhoudingsprobleme ondervind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peach ·

Die pfffft ontneem nie net die ouers van hul dogter nie, maar nou moet hulle ook die skade aan hul huis wat hý veroorsaak het, herstel….. kan jy nou meer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.