Vrou, kind (2) vermoor; man se liggaam aan boom aangetref

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Mankweng in Limpopo het ʼn ondersoek na ʼn raaiselagtige moord in dié provinsie van stapel gestuur nadat die liggaam van ʼn 33-jarige man Vrydag aan ʼn boom aangetref is en die liggame van die man se vrou (23) en tweejarige seun in hul huurhuis aangetref is.

Kapt. Mohlaka Mashiane, woordvoerder van die polisie, sê die oorledenes was inwoners van die ga-Thoka-nedersetting buite Polokwane.

Mashiane sê die polisie is deur ʼn lid van die gemeenskap, wat die man se liggaam net buite die nedersetting aangetref het, na die toneel ontbied.

“Ondersoekbeamptes het by verdere ondersoek ʼn gru-ontdekking in die huis van die 33-jarige man gedoen,” sê hy. “Die liggame van sy 23-jarige vrou en sy tweejarige seuntjie is in ʼn plas bloed aangetref. Albei oorledenes het meswonde gehad.”

Die polisie het intussen geweld teen vroue en kinders ten sterkste veroordeel en gesê moord of geweld is nié ʼn oplossing vir konflik nie.

Mashiane sê ʼn motief vir die moord is nie in dié stadium bekend nie, maar die polisie sluit nie die moontlikheid van huishoudelike konflik uit nie.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marinda ·

Dit is so bitter hartseer, kan die man, as hy dan geen oplossing kon kry dan nie maar net homself wegvat. Ai nou is daar ouers wat ook seerkry oor ‘n dogter en kleinseun wat wreed weggevat is.

Blue Butterfly ·

Ek het al baie gewonder oor geweld teen vrouens en kinders wat ten sterkste vermy moet word. My vraag is waarom nie geweld teen mans ook nie? Moet ons nie as samelewing gesteld wees op GEEN geweld nie, hetsy op vrouens, kinders of mans? Is dit geregverdig dat ‘n onskuldig man op geweldadige manier aangeval word en moet hy homself bloot verdedig omdat hy ‘n man is – en ja ek vra hierdie vrae as ‘n vrou.

Zan ·

Did anybody think about the possibility that this was maybe due to stress about work and money. More and more people cannot afford to look after their loved ones anymore due to no jobs and no money. They do not want to leave their loved ones behind in a cruel South Africa where murder and rape is in the order of the day, neither do they want to see them out on the streets with no one to care for them. Most of the time, murder/suicide is the only solution for them. It is sad but unfortunately the truth. Lets just pray that God will take care of them, no matter what the circumstances. Maybe he loved them too much to let them suffer, and rather let the whole family go to where it is safe and no more worries

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.