Vrou, kind sterf saam in botsing

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Vrou en ʼn kind is Saterdag in ʼn motorongeluk naby Kleinmond in die Wes-Kaap dood.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê twee voertuie het omstreeks 17:00 op die R44-pad gebots.

“ʼn Vrou en ʼn kind wat in een van die voertuie was, was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Vier mense, onder wie twee kinders, van die ander voertuig het geringe en matige beserings opgedoen,” het Van Huyssteen gesê.

Die beseerdes is op die toneel behandel en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word deur owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bok ·

Ai kan die bestuurders nie maar vrrsigtiger bestuur nie.
Gee die ander eder die voordeel van die tyevel en voor bom ‘n botsing.

Cherokee ·

Afleiding is dat die vrou en kind in ‘n klein karretjie was en die ‘lig beseerdes’ in ‘n groter (of groot) voertuig. Miskien, net miskien, weer ‘n groot voertuig wat die pad wou domineer.
Ek besef dat ek ‘n afleiding maak met geen besonderhede maar ek is geregtig om ‘n afleiding te maak omdat ek die pad en padgebruikers ken.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.