Vrou, kind sterf toe weerlig tref

Argieffoto: CorinnaST, Pixabay

Twee mense is dood en drie beseer toe hulle die afgelope naweek deur weerlig in wyk 6 van die Umzumbe- plaaslike munisipaliteit in KwaZulu-Natal getref is.

Nomusa Dube-Ncube, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, het Sondag gesê die twee oorledenes is albei lede van die Mbhele-gesin. Nelisiwe Mbhele (21) en Nonhlanhla Mbhele (11) het op die toneel gesterf en drie ander mense is na ʼn plaaslike kliniek gehaas vir mediese behandeling.

“Die verlies van Nelisiwe en Nonhlanhla bring ʼn aaklige einde aan ʼn onstuimige jaar vir ons provinsie,” het Dube-Ncube gesê. “Ons gemeenskappe ly voortdurend onder die gevolge van ongure weerstoestande. Ons het ons rampbestuurspanne gestuur om die slagoffers se familie te ontmoet.”

Sy het gesê die departement se rampbestuurspanne is op hoë gereedheidsgrondslag geplaas omdat KwaZulu-Natal “geneig is tot rampe dié tyd van die jaar”. Maroela Media het vroeër berig twee mense het Saterdagaand verdrink toe hulle probeer het om ʼn rivier wat weens swaar reën in die Ndwedwe-gebied afgekom het, oor te steek.

Dube-Ncube het ʼn beroep op gemeenskappe in laagliggende gebiede gedoen om paraat te wees aangesien nog donderstorms in die komende paar dae in die provinsie verwag word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Erg ·

Ja, dis erg Dube-Ncube, besoek ook die slagoffers van plaasmoorde?

SjN ·

Wat was die bevindings in die verslag na ondersoek deur die regering insake weerlig so ruk terug, weet iemand dalk?

Frikkie Geld en huis ·

Pre-koloniale wetenskap. Hoe het die weerlig vanaf wyk 5 tot in wyk 6 gekom ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.