Vrou, kinders dood gevind

Argieffoto

Argieffoto

‘n Vrou en drie kinders is Saterdag dood aangetref in ‘n agterkamer in Galeshewe in Kimberley in die Noord-Kaap.

“Daar was ‘n gasstoof in die kamer en in die stadium vermoed die polisie dat die oorledenes moontlik weens gasinaseming gesterf het,” het lt. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Geen vuilspel word vermoed nie en ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen.”

Die drie meisies was drie, nege en 11 jaar oud. Die vrou was 50 jaar oud.

Mdhluli sê die liggame is deur familielede gevind. Die vrou en drie kinders is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.