Vrou, kleuter sterf toe bakkie brand

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Vrou (25) en vierjarige kind is dood nadat twee voertuie in ʼn trompop botsing betrokke was en albei voertuie aan die brand geslaan het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die ongeluk het Saterdag omstreeks 19:00 op die N1 tussen Polokwane en Louis Trichardt in Limpopo gebeur. Die twee voertuie het reg van voor gebots en aan die brand geslaan.

“Die vrou en kind in die Corsa-bakkie het gesterf nadat die bakkie heeltemal uitgebrand het. In die tweede voertuig, ʼn Land Rover Discovery, het ʼn 34-jarige man oorleef, maar ernstige brandwonde opgedoen. Hy is na ʼn hospitaal gehaas,” het Ngoepe gesê.

Hy het gesê die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, maar die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Agmi Erasmus ·

Tragies om te hoor. Mag albei partye se families liefde in oorvloed ontvang vanaf ons Hemelse Vader. Net vir kennisname Maroela, dis ‘n Land Rover Discovery, nie Jeep nie.

Mariné Lourens ·

Dagsê Agmi Erasmus

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Buitestander ·

Soos ek al menig maal gesê het 50% van alle bestuurder se gesig is nie goed nie. Hulle kan nie verder as 500 meter voor hulle sien nie. Maar wyer om hulle oë te laat toets en regte hulpmiddel te kry.
Sal eder sterf wat vir hulle ‘n beter opsie is.

Asjas ·

Sover my kennis strek kan jy nie jou lesensie hernu sonder dat ‘n oogtoets gedoen word nie. Die laaste keer wat ek my Lesensie gaan hernu het, is my oe getoets en te swak gevind. Voordat my Lesensie hernu kon word moes ek eers Oogarts toe, nuwe bril kry en toe weer gaan vir Lesensie, dis toe gegee met die nuwe bril. Nou as hierdie prosedure met almal gevolg word, hoe is swak sig die oorsaak van ALLE ongelukke?
Lesensies word nog steeds gekoop. Ek kon ook nou die oggend in die mis (met my nuwe bril) nie alle voertuie sien nie, want nie almal sit hulle ligte aan nie. En dit is nie net die mense wat deesdae die duur karre ry wat seker so gevorderd is dat die ligte aan en af sit is al ‘n “challenge” op sy eie nie, baie is so vrot gestamp die ligte werk nie eers meer nie of net die lee holtes sit daar. Verkeer trek nooit die mense af nie, is nooit sigbaar wanneer dit reen, te warm is, te koud is of te mistig is nie.

Sperstreep ·

Ek sien ‘n duidelike dubbel sperstreep op die foto!!
Kom ons wees net GEDULDIG op die pad !!

MANIE ·

Kyk maar na die botsings op maroela media.Die meeste is kop aan kop. Ek dink hier is n klomp bestuurders wat geen respek het vir ander motoriste en nog minder vir verkeersreels. Ek kan dit sien aan die hoeveelheid mense wat glad nie stilhou by n stopstraat en oor rooi verkeersligte ry. Net jammer hierdie skurke vat ander mense saam graf toe.

thelsa ·

Sperstreep !!! Sperstreep !!! Wanneer gaan die owerhede begin om hierdie oortreders (lees padvarke) vas te vat. Daar is gewoonlik ook ‘n klomp arrogansie mee gepaard

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.