Vrou kom op oud-onderwyser se liggaam af

Argieffoto

Argieffoto

Toe Dorothy Wiggett van Groot Brakrivier in die Wes-Kaap se man nie Maandagoggend oudergewoonte haar tee gebring het nie, het sy gaan ondersoek instel en op sy bebloede liggaam afgekom.

Haar man, Ron Wiggett (76) was ʼn afgetrede onderwyser van Die Eiland.

Kapt. Malcolm Pojie, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

“Wiggett het elke oggend vir sy vrou tee in die bed bedien met iets om aan te peusel,” het hy gesê. “Die egpaar slaap in afsonderlike kamers. Toe hy nie Maandagoggend opdaag nie, het sy vrou gaan ondersoek instel en op sy liggaam afgekom. Hy het ʼn steekwond aan die agterkant van sy kop en op sy been opgedoen.”

Die egpaar se huis is geplunder en daar word vermoed dat huisbraak die motief was vir sy moord. “Die polisie moet nog vasstel wat alles moontlik gesteel is.”

Pojie het gesê ʼn spesiale taakspan is saamgestel om sy moord te ondersoek, en knap speurwerk het daartoe gelei dat ʼn 57-jarige verdagte Dinsdag in Watsonia, Groot Brakrivier, aangekeer is. Hy is glo bekend aan die egpaar. “Die polisie het die verdagte se huis deursoek en op klere, wat met bloed bevlek is, afgekom. Die klere is vir forensiese toetse gestuur.” Die man is deur die polisie ondervra, maar is Donderdagoggend weer vrygelaat hangende verdere ondersoek.

Die man se naam mag nog nie bekendgemaak word nie, aangesien hy nog nie in die hof verskyn het nie. Die ondersoek duur voort.

Pojie het enigiemand met meer inligting oor die moord versoek om ao. Sias Weyers by 044 620 2206 of 082 469 6805 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Joey ·

Verdagte vrygelaat??????? sonder om in hof te verskyn…en nou word hy nog boonop beskerm -sy naam mag nie bekend gemaak word nie – maar die slagoffer…..hy het geen reg gehad nie …koelbloedig vermoor. Kan enige slim wetsgeleerde dit vir ons verduidelik asb!

Bielie van die Bosveld ·

Dit slaan my dronk, dieselfde wanneer ‘n vermeende verkragter ook op borgtog vrygelaat word, en dan lees ons hy het weer dieselfde gedoen. Erens is ‘n groot lugleegte in diegene se koppe wat hulle weer toelaat in die samelewing.

Elize ·

Dis vir my baie snaaks dat hulle die verdagte vrygelaat het. Die polisie daar is baie paraat (ek het ‘n see-huisie daar) Daar moet ‘n goeie rede wees waarom hulle dit gedoen het.

SNEL ·

Huh, lees ek reg, vrygelaat nadat bloed op sy klere gekry is? Waar is reg en geregtigheid? Mag die publiek nou reg in eie hande neem, dis al hoe die soort van sake die straf kry wat hulle verdien….maak hom met klippe toe.

martin en Tineke ·

Nee wat. Ons tronke en regsteksek is nie streng genoef nie! Waar is die ou dae??? Hoe kan mens so maklik vrylaat. Nee. Jammer maar ons regstelsel is korup en treurig. Hopeloos. Brinf lewenslank rtronkstraf en doodstradd rterug!!

Theresa ·

Nee wragtig – Ek is met stomheid geslaan. Liewe hemel – in hierdie land kan jy moor en roof net soos jy wil. Jy word ondervra en weer vrygelaat !!

Hennie ·

Daar word meer gekonsentreer daarop dat die wetsgehoorsame landsburgers e-tol moet betaal as wat daar tyd gespandeer word om die kriminele te laat boet vir hulle wandade. Soustrein kan nie tot niet gaan nie……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.