Vrou kort ná man vermoor

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in Tzaneen het ʼn soektog van stapel gestuur na vier gewapende mans wat ʼn kroegeienaar vermoor het. Dié moord het glo ook tot die moord op sy vrou gelei.

Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Phenias Shai (60) is Sondag tydens ʼn rooftog by sy kroeg in Pharare doodgeskiet. Shai se identiteitsdokument en ʼn kluis met ʼn onbekende bedrag kontant is tydens die rooftog gesteel.

Volgens Ngoepe het Shai se vrou, Anna Baloyi, hom na ʼn hospitaal gehaas waar hy by sy aankoms dood verklaar is. Baloyi is hierna huis toe waar ʼn groep woedende gemeenskapslede haar ingewag het. Hulle het haar daarvan beskuldig dat sy by die moord betrokke was waarna hulle haar met klippe en bottels doodgegooi het.

Ngoepe het gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met een van die voorvalle nie. Enigiemand met inligting is versoek om brig. Thomas Shingange by 082 565 8155 of Crime Stop by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Riny van Abel ·

Ik ben Nederlander dus mijn Zuid Afrikaans is Nederlands. Mijn vraag is, van wie moet de oplossing komen? De blanken? De zwarten? Of van beide?

Johann Marx ·

Riny, voordat daar na ‘n “oplossing” gesoek word, moet mense verstaan dat alle Suid Afrikaners NIE noodwendig die “probleem” sien nie. Kom ek verduidelik: In sekere gemeenskappe bestaan “misdaad” eenvoudig nie. Voorbeeld: Jy het 10 beeste en ‘n beeswagtertjie wat agter hulle aanstap en hulle oppas. Jou beeswagtertjie raak aan die slaap en iemand vat vier van jou tien beeste. GEEN MISDAAD het plaasgevind nie. JY…het nie jou eiendom opgepas nie!! Nou het jy SES beeste oor, en jy beter hulle oppas, en die person wat NIKS beeste gehad het nie, het nou VIER….en as hy hulle nie oppas nie? Dan gaan iemand anders hulle binnekort hê. Nou word daar by my ingebreek, en ‘n klomp van my besittings gevat. Ek verwag die SAPD moet die persoon wat dit gedoen het opspoor, arresteer, en my eiendom terug vind. Die polisieman wat die saak ondersoek is kwaad vir my….want nou het hy ‘n helse klomp werk, omdat ek nie my goed kan oppas nie. Die ondersoekspan stap deur my huis, en sê vir mekaar “Hier is nog baie goed, hulle moes meer gevat het!!”….en hulle dink ek verstaan hulle nie? Ek verkla hulle by die polisiestasie…en NIKS gebeur met hulle nie, want die stasie bevelvoerder stem eintlik met hulle saam. Ek het baie goed, kon dit nie oppas nie, en nou het die persoon wat niks gehad nie, nou bietjie van my goed. As ek nie meer wil verloor nie, moet ek begin om my goed op te pas………en dit is waarom daar ‘n 6% sukses is met die oplossing van inbrake in SA. Wit slagoffers is kwaad omdat kriminele hulle privaat eiendom betree het, en wederregtelik van hulle eiendom gevat het…….en die polisie is kwaad vir die witmense omdat hulle NIE hulle goed oppas nie!! As jy die dag DIT begin verstaan, kan jy weer jou vraag vra: “Van wie moet die oplossing komen?” Daar is geen oplossing nie. Verskillende kulture en denkwyses wat in ‘n land saam geforseer word, en mekaar nie verstaan nie…….kan nooit ‘n sukses wees nie.

Swanna ·

Hel, Johann jy het op ‘n baie goeie formele manier presies die stuasie in die land verduidelik. Ek glo nie daar is ‘n ander stelling wat dit kan verbeter nie. “n Persoon wat dit nie kan verstaan nie sal of wil niks verstaan nie en ek hoop daar is baie persone wat jou kommetaar lees. Groete!!!!.

Sarel ·

Almal wat”ja” gestem het, het ons in die bootjie.
Dan huil hulle in die een berig die buiteland moet weet wat hier aangaan en dit moet in Engels geskryf word dat mense dit kan lees en dan kom mense soos Esther wat weer die buitelanders wat geskok is oor wat hier gebeur in ons land met klippe wil gooi.
Riny, ek glo nie daar sal ooit n oplossing wees nie, want daar is geen eenheid onder verskillende bevolksgroepe nie en ook nie eers onder dieselfde bevolkinsgroep nie en die regering wil ook nie opstaan teen misdaad nie. Dit raak net erger by die dag en nêrens sien mens verbetering nie en almal se uitkyk en sienings verskil.

Esther Coetzee ·

Ek kon nie van Riny se vrae enigsins aflei dat hy GESKOK is nie, Alhoewel die berig oor afgryslike misdade gaan, kon ek nie van sy vrae aflei waarvoor hy n oplossing soek nie – die aanvanklike moord van die man en die daaropvolgende diefstal, die barbaarse optrede van die gemeenskap om die arme vrou met klippe en bottels dood te gooi (wat nie net as ‘n misdaad afgemaak kan word nie), die onbeholpenheid van die polisie nie (lg weet ek agv wat ‘n mens daagliks in die land ervaar) of al die ander probleme wat in die land is nie. Sy vrae het in die lug gehang en diegene wat kommentaar gelewer het, het hulle eie afleidings gemaak. Hoekom my kommentaar verwyder is , weet nugter. Sug….. dis nie politiek korrek om die waarheid te praat nie.

Esther Coetzee ·

Ek kon nie van Riny se vrae enigsins aflei dat hy GESKOK is nie, Alhoewel die berig oor afgryslike misdade gaan, kon ek nie van sy vrae aflei waarvoor hy ‘n oplossing soek nie – die aanvanklike moord van die man en die daaropvolgende diefstal, die barbaarse optrede van die gemeenskap om die arme vrou met klippe en bottels dood te gooi (wat nie net as ‘n misdaad afgemaak kan word nie), die onbeholpenheid van die polisie nie (lg weet ek agv wat ‘n mens daagliks in die land ervaar) of al die ander probleme wat in die land is nie. Sy vrae het in die lug gehang en diegene wat kommentaar gelewer het, het hulle eie afleidings gemaak oor wat hy bedoel. Hoekom my kommentaar verwyder is , weet nugter. Sug….. dis nie politiek korrek om die waarheid te praat nie. Ek wil natuurlik hê buitelanders moet weet wat in die land aangaan, ongelukkig het hulle nie voor 1994 uitgevind wat werklik aan die gang is nie en al die leuens wat deur die liberale pers aan hulle opgedis is, vir soetkoek opgeëet. Nou is daar nie meer omdraaikans nie

Delta Mike ·

Johann baie goed gestel. Soos gewoonlik wil die buitelanders he die blankes moet n bydrae gee, ek dink die blankes het al meer as genoeg gedoen om die goed te probeer help en al wat hulle terugkry is n aanslag, so lagwekkend om partykeer die blanke liberale gemors se kommentaar te hoor of lees. Altyd die blanke se skuld en dieselfde vraag “wat gaan die blanke doen”

SUE ·

Johan jou verduideliking was puik. niemand weet wat aangaan nie want ons verstaan mekaar nie.

Deon ·

Nee ek dink ons verstaan mekaar net al te goed. Dit is duidelik wie die maklike teiken is en wie die natuurlike krimineel is. Daar is ‘n oplossing, maar niemand wil dit hoor nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.