Vrou kraam op stasie toe hospitale haar glo weier

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

ʼn Asielsoeker van die Kongo het verlede week geboorte geskenk op die vloer van Park-stasie in Johannesburg nadat twee hospitale haar glo behandeling geweier het.

Francine Kalala is Donderdag na die Tshwane-distrikshospitaal toe sy in kraam gegaan het. Die hospitaal het glo geweier op haar op te neem. Sy is toe na die Steve Biko-hospitaal waar sy glo ook weggewys is. Haar man het toe saam met haar op die Gautrein geklim in die hoop om in Johannesburg ʼn hospitaal vir haar te kry. Kalala het egter op die vloer van Park-stasie geboorte gegee.

Jack Bloom, die DA se skaduminister van gesondheid, het in ʼn verklaring gesê ʼn ambulans het Kalala en die baba na die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg geneem, maar dat dié hospitaal haar en die baba glo óók nie wou toelaat nie. “Ná agt uur kon sy en die baba uiteindelik behandeling kry by die Hillbrow-gemeenskapsgesondheidsentrum,” het Bloom gesê.

“Die Gautengse departement van gesondheid sal moet ondersoek instel hoe drie staatshospitale geweier het om haar te help. Hierdie skandalige gedrag wys hoe onmenslik sommige van die hospitaalpersoneel optree en hul grondwetlike plig verontagsaam om basiese mediese sorg aan enigiemand, insluitend buitelanders, te bied,” het Bloom gesê.

Hy meen die departement moet die Grondwet toepas en toesien dat geen persoon ooit weggewys word by ʼn staatshospitaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Daleen ·

Mnr Bloom, bel die Vrystaat Premier, hy sal gou n span drs stuur.

Baksteen ·

Ons eie mense van SA wat belasting betaal word by Staatshospitale weggewys. Kyk die mamma wat se baba te vroeg gebore is en in die gang self haar baba moes vang. Niemand kry behandeling maar as hulle verhoging nie groot genoeg is dan staak hulle. Ons vir jou Suid Afrika ne!!!

Genieve ·

Treurig verby.Hoe kan hulle die vrou weggewys het.Ek sal hulle aankla.

Johann Marx ·

Is daai baba nou ‘n Suid Afrikaanse burger? Hy of sy is hier gebore, nie waar nie? Hy gaan dus ‘n Suid Afrikaanse geboortesertifikaat kry, en later ‘n SA identiteitsboek en paspoort. Hy gaan egter ook ‘n ID boek en paspoort van sy ouers se land van herkoms kry….met ander woorde “dubbel burgerskap” ? Die ouers is “asielsoekers” na alles? Miskien kan ‘n ekspert dit vir ons verduidelik?

Karel Kat ·

Jy het vergeet om te noem dat die kind nou ook vir Welsyntoelae gaan kwalifiseer & oor 20 jaar gaan aandring op gratis onderwys by universiteite . . .

Banks ·

Die kind se ouers gaan steeds moet aansoek doen vir passpoort..is dus nie “n RSA burger nie. Kan ook nie aansoek doen vir ‘n toelaag nie…die kind kan as dit 18 is besluit of dit ‘n burger wil wees al dan nie. Dis nie so maklik soos jy dit laat klink nie. Daai kind gaan maar net saam sy ouers moet terug na sy regte land toe.

Loeis ·

Dit is tog interessant hoe asielsoeker vroue altyd swanger by hulle bestemmings aankom. Om simpatie te wek natuurlik. Ek het dieselfde in Europa ook gesien.

Lee ·

Die staats-hospitale in Gauteng is useless. Hulle sit net op hulle agterstewe en wil niks doen nie. Arme vrou. Hoop een van hulle kry ook sulke diens as hulle in ‘n ander land is en voel hoe dit voel. Useless.

John ·

En, wat beteken dit alles? As jy ‘n baba verwag moet almal hul deure oopgooi en nou is die baba ‘n SA-burger en ontvang Sassa en … en… Maar ek is nou wreed… Laat hulle kom. Ons land ryk… aan soortgelyke voorvalle…

Yvonne ·

Goeie genugtig John, die vrou is in ‘n vreemde land en sy benodig mediese hulp. Niemand wil haar help nie. Hoe sal jy voel as jy in ‘n vreemde land is en mediese hulp nodig het en hospitale wys jou weg. Vergeet van ” is die kind ‘n SA burger is en Sassa ens”. Dit is swak dat sy geen onmiddellikke hulp gekry het nie. Maak nie saak waar sy vandaan kon nie. Sy is ‘n mens en het hulp nodig gehad.

Uvonka ·

John ek is saam met jou op die een. My simpatie vir die klomp buitelanders is op! Skel my maar!

Anoniem ·

Jy besef natuurlik dat ons eie ook mense weg gewys word, nê? Waar trek ‘n mens ‘n lyn tussen menslik en onmenslik?

@yvonne ·

Ek stem nie saam met jou nie!! Dalk is sy nog onwettig hier en dis hoekom sy hulp geweier is!!!! Almal hardloop net oor ons grense! Kyk hoe lyk SA al!! Sy het geweet haar “due date” is naby… Hoekom het sy nie huis toe gegaan nie

Andrea ·

Mens kan sien jy was nog nooit in kraam nie, John. Ek praat nie die toestroming na SA goed nie, maar die Bybelse woord ” barensnood” beskryf mens se situasie in daai omstandighede nogal goed.

wraggies ·

Hoekom maak hulle nie positiewe veranderings in hulle eie lande nie tot hulle voordeel? Hulle regeer mos self dan.

Scalla ·

Bring die gevalle van weiering tot mediese diens onder die aandag van die Vrystaatse premier, deel van sy werkspligte is om mediese spanne na jou te stuur. probleem opgelos.

Elsa ·

tyd dat alle hospitale opfegradeer word…gaan kyk self hoe agteruit hospitale gegaan het…swak dienslewering met verwysing na verwysing en jy kom nêrens…waar is die minister van gesondheid? waarmee is hy besig? regering jul laat lê by die dag slapper…ontwaak en begin diens lewer…wat gebeur as julle as tegering dalk moet opgeneem word in n hospitaal of het jul voorkeure?

Why? ·

Die SA BURGERS moet hulle eie babas vang in hospitale, ongelukkig is daar geen spesiale behandeling vir Asielsoekers uit die Kongo wat ‘n demokratiese regering het nie. Die SA burgers wat BELASTING betaal se kinders word maar so op die vloere en in die gange van hospitale gebore tussen 34 ander vrouens in een kamer sonder water, dit is die NUWE SA waarna julle almal so uitgesien het. Jy moes maar liewer in die Kongo gebly het, jy het ‘n groter kans daar gehad om in ‘n hospitaal opgeneem te word. Hoekom vlug julle hierheen?

Sharnelle de Villiers ·

My vriendin se seuntjie van amper 5 is bitterlik siek en sy wou Steve Biko toe gegaan het met hom gisteraand omrede sy nie geld gehad het vir privaat dr nie. Ek het toe uit my sak vir privaat dr betaal want ek het geweier dat sy haar seuntjie Steve Biko toe moet vat.

Staan uit ·

2 goed staan uit hier: Ons land se staatshospitale is ‘n treurige nagmerrie, kry die beste toerusting, beste geboue, maar treurigste lui personeel, lyk of hul bid vir ‘n rede om iemand weg te wys of te laat sit en wag. 2 dens stem ek saam met almal wat sê, asielsoekers is gewoonlik swanger en ons kan nie eers ons eie mense voed en werk gee nie, hoe kan ons ‘n ander land net invat en spring, ek moet egter sê, ek sou haar beslis gehelp het, maar dan liewer na haar land teruggestuur het, hulle moet maar hul eie land opbou en regruk, ons moet ons sin, as dit by stem kom, stem hul vir die meerderheid en word so sleg behandel net soos in Zim, SA. As jy dit aan jou lyf voel, sal jy dalk iets doen. Ek weet dit klink wreed, maar as ons emmer leeg is, is hy leeg dan sit ons en hulle sonder kos en hulp.

Dr.Petrie ·

Nie almal in Staatshospitale is so nie, eks nou met my 4de Jaar in een, en ons het puik personeel, maar ook soos alle hospitale n paar vrot appels, het al stories gehoor en self gesien van walglike toestande en behandeling in PTA Oos.

Joseline ·

Ek dink nie dit gaan so erg oor die burgerskap nie, maar oor die diens by staatshospitale. My ma 70 jaar oud, het so maand terug baie siek geword. Ambulans het haar by die huis kom haal, daar gekom, het hulle haar op die grond laat le en wag vir die dokter om haar te sien. Dr haar gesien het, is vir haar gesë jammer sy moet huis toe gaan daar is nie bed vir haar nie. Sy was baie swak. Ek was diep teleurgestel, wat as sy nog sieker of swakker geword het.? Hospitale is daar om mense te help, by te staan, deesdae kyk hul jou netso en wys jou weg.

Sê net ·

Ek is nie Suid-Afrikaans nie maar getroud met een. Nou eendag stap ‘n SA gesin in ‘n Europese besigheid in. Hulle bly daar nadat wittes gehelp het om daar te kom. Daar ontstaan toe n gesprek oor SA nou en sy antwoord was “eerder n korrupte regering as n wit regering”. Hy word toe gevra hoekom hulle daar bly en sy antwoord was, omdat dit lekker, veilig en vry is. Kan jy glo? Ongelukkig omdat dit in besigheid was, kon niemand hom vra hoekom hy nie terug SA toe kom en probeer n beter lewe hier skep vir almal? Laat mens stom!

Tanya ·

“Eerder ‘n korrupte regering as ‘n wit regering”. Hy is van sy sinne beroof! Stommerik!

Natasha Erasmus ·

My moeder Renette Henning is oorlede nadat sy in 3 verskillende staatshospitale in Gauteng behandel is vir 5 maande lank. Daar is n facebook groep gestig vir haar. Fight for justice mrs C.E Henning. Haar lyding was onmenslik. Dis tyd dat dit stop

Porfie ·

Mense, jy mag, jou baba in n anderland gaan kry met opset MAAR jy moet die kostes kan dek en dit bewys. Die baba gaan n burger wees, waarna die ouers van die kind gaan moet aansoek doen om as ouer/voog in die land te kan bly, dan moet daar eers aansoek gedoen word vir al die voordele omdat die kind tegnies nie n “natural” citizen is nie. Werk dieselfde in Europa, USA, Aus, NZ, Tonga, Fiji en en en en.

oumie ·

MM gaan jul nooit sover kom om vir ons n like en unlike opsie te gee nie hier is n paar wat ek regtig like en dan is daar n paar mense wat regtig n agterstand het

Janie Monsieur ·

Dagsê oumie,

Dankie vir jou navraag!
Maroela Media maak na verwagting binnekort ‘n groot aankondiging hieroor – bly gerus ingeskakel!

Groetnis
Janie
nms Maroela Media

ou nuus ·

Hierdie is ou nuus! Dit was verlede week al in die media. Is daar nie varser ander nuss nie?

Janie Monsieur ·

Dagsê,

Dankie vir jou kommentaar. Herlaai gerus jou Maroela Media webblad, dan sal jy sien daar is baie ander, vars nuusstories om te lees. Ek stuur sommer vir jou skakels na ‘n paar van hulle toe, sodat jy vinnig daarby kan uitkom. Daar is wel baie anderw at ek nie hier insluit nie.

Volg gerus die volgende skakels:
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/suid-afrika-nou-in-resessie/
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/fotos-nege-sterf-in-gru-botsing/
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/wes-kaapse-storm-skole-gesluit/
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/bekende-drawwer-sterf-in-tref-en-trap/
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/verkoolde-lyk-in-kattebak-gevind/

Lekker lees!

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Jacques Venter ·

Dit harteloosheid van sommige kommentare skok n mens. As dinge so aanhou in SA soos nou, mag van ons eiemense in afsienbare toekoms in soort gelyke omstandighede wees

Tanya ·

Of jy ‘n buitelander is of nie, SA se staatshospitale is in ‘n haaglike toestand. Sommige van die hospitale het nie eers lopende water nie, wat nog van hulpvaardige personeel. Wat het geword van die Hippokratiese eet?

oumie ·

Tanya en wie moet ons bedank dis van als verniet hê dat ons is waar ons is

Magaretha van heerden ·

Dis die ergste wat ek as afgetrede verpleegkundige in my lewe gehoor het. Geen gevoel vir n mens nie. Deel van ons opleiding was om n lewe hoog te ag. In SA gaan alles om geld. Verder is die verpleegsters wat my aanbetref baie swak opgelei. Wat soek hulle in die beroep. Help die mens dan kyk jy na die geld aspek. Dis n noodgeval. Selfs in die sg beter hospitale gaan dit nie beter nie. Dan noem die meeste hulself Christene. Wat n skande ! Ek sien uit dat die Here Jesus kom en ons verlos van al die bose mense en hul dinge. Dinge gaan te ver. Skaam julle ! Ook julle wat swart en wit sien ipv n mens.

Elbie ·

Margaretha….die “afgetree” sê baie….gaan kyk na die werks lading van daai personeel. As jy ooit in kraam gewerk het sal jy weet wat die risikos is aan kraam….onbespreek….seker geen ante natal sorg ook…..sy moet meer verantwoordelik gewees en beter voirsorg getref het.

Kiepie ·

Maroela, doen bietjie ‘n opvolg op hierdie storie, daar het blykbaar nuwe feite aan die lig gekom wat wys die Ma is nie so onskuldig nie en ons hospitaaalpersoneel nie noodwendig so sleg en onmenslik nie.

Leonora du Preez ·

‘n Man met ‘n gewas aan die brein wat verskeie scans reeds gedoen het is na Barragwana Hospitaal verwys vir bestraling omrede die gewas reeds te diep is om te verwyder, Met die besoek laas week is gese hy moet vandag terugkom want dan is die Prof daar. Vandag is daar vir hom gese deur ‘n ander dokter hy moet teruggaan huis toe daars nie ‘n bed vir hom en hy moet teater toe gaan, Wow hoe nou? Natuurlik geen sprake gewees van die Prof wat hom sou sien nie

snoefie ·

ek kan jou die antwoord gee sonder enige ondersoek, ou maat. blankes het niemand by due hospitaal weggewys nie. gaan cra maar jou ouers. if ouer mense in die gemeenskap. al was hulle op komberse op die flier, regopstaande in die gang, op n rolstoel in die toilet behandek, die gehate wittes het altyd gehelp. hulle het dut vir die liefde van die swak gedoen. die geld was pateties. dien weg met bbbee. dit Byt julle orals in die hak.

snoefie ·

ek kan jou die antwoord gee sonder enige ondersoek, ou maat. blankes het niemand by die hospitaal weggewys nie. gaan vra maar jou ouers. of ouer mense in die gemeenskap. al was hulle op komberse op die vloer, regopstaande in die gang, op n rolstoel in die toilet behandel, die gehate wittes het altyd gehelp. hulle het dit vir die liefde van die saak gedoen. die geld was pateties. doen weg met bbbee. dit Byt julle orals in die hak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.