Vrou kritiek, 3 beseer in trompop botsing

Foto: ER24

ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand en drie ander mense is beseer nadat twee voertuie Dinsdag op die R71 tussen Letsitele en Gravelotte in Limpopo gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het by hul aankoms op die toneel die twee voertuigwrakke langs die pad aangetref. Van die insittendes het reeds uit die voertuie geklim en het langs die pad gesit.

“Paramedici het die pasiënte ondersoek en ʼn vrou in ʼn kritieke toestand aangetref. ʼn Tweede vrou en twee mans het geringe tot matige beserings opgedoen,” het Meiring gesê.

Die kritiek beseerde vrou moes op die toneel gevorderde lewensondersteunende behandeling ontvang voordat sy en die ander beseerdes na hospitale in Tzaneen gehaas is.

Die polisie was op die toneel om die botsing te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Karolis ·

SNogal snaaks dat altwee voertuie aan die linkerkant getref is.

Jankees ·

Altyd trompop. Is dit werklik minder as n huisbraak, moord, plaasaanval ?

Rof ·

Dis n baie gevaarlike pad, ons bly in Phalaborwa daar is soveel ongelukke dis net nie waar nie en soveel sterf op die pad. WANT niemand volg die padreels nie….hul ry so gevaarlik en vinnig op die pad. Gaan verby met n spoed waar witlyne is en dit ook blinde hoogte is. So wat verwag n mens. Onskuldiges betaal met hul lewens op ons paaie vandag, want mense jaag want spoed en verontagsaam die pad reels. Te maklik om bestuurs lisensies te kry vandag.

Chris Ws ·

“Rof” die probleem is wel dat onbevoegde mense lisensies bekom.Maar die eintlike probleem is die GEBREK aan wetstoepassing en die AFWESIGHEID van wetstoepassers op ons paaie.Wanneer jy wel wetstoepassers teekom kyk hulle net vir lisensies.Wetstoepassers op die paaie wat kyk vir “bewegende oortredings” bestaan nie.Net soos die minister van vervoer.

Johann Marx ·

Die nuwe Suid Afrika het net eenvoudig GEEN respek vir ‘n soliede wit lyn nie……..dit kon net sowel nie bestaan het nie. Wat die mense dink wat so oor die soliede wit strepe teen hoë spoed verbysteek, bly ‘n misterie. Dis asof hulle geen besef het van die gevolge van hulle dade terwyl hulle dit pleeg nie………

Fantabulous ·

Dis tragies maar ons almal weet mos “die wetstoepassers” trek voertuie af vir lisensies om “bonus” te kry. Daar is mos altyd derde party bonusse dis hoekom hulle nie staan waar werklike probleme is nie. Welkom by ons ou nuwe SA………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.