Vrou kritiek, man beseer ná fratsongeluk by winkelsentrum

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Vrou is kritiek en nog ʼn man beseer nadat die muur van ʼn parkeerterrein by ʼn Bloemfonteinse winkelsentrum op hulle ineengestort het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die fratsongeluk het Maandag omstreeks 06:00 gebeur. Volgens Vermaak het ʼn bus teen ʼn muur van ʼn parkeerterrein in die Central Park-winkelsentrum wat ongeveer drie verdiepings hoog is, gebots.

“Omstanders het verduidelik dat stukke van die muur en glas van die vensters bo-op die voetgangers onder op die sypaadjie geval het,” het Vermaak gesê. “’n Vrou, vermoedelik in haar 60’s, het ernstige kopbeserings opgedoen, terwyl ʼn man in sy 30’s matige beserings aan sy kop en lyf opgedoen het.”

Die twee beseerdes is deur ER24 en die provinsiale nooddienste na die Pelonomi-hospitaal geneem. “Nóg die bestuurder nóg enige passasiers in die bus het beserings opgedoen,” het Vermaak gesê.

In hierdie stadium is dit nie duidelik wat die botsing veroorsaak het nie, maar polisie sal verder ondersoek instel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Daar behoort ‘n buffer in die vloer se fondasie aangebring te gewees het aan die binnekant van die muur reeds om hierdie tipe van ongelukke te voorkom.
Indien my stelling korrek is dan is dit uiters swak werk by die beplanning van die gebou. Iemand het dus ‘n foutjie gemaak . . .
Hopelik sal daar geleer word uit hierdie lessie vir die toekoms.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.