Vrou kritiek ná aanval op kleinhoewe

Argieffoto: SAPD, Facebook

ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat sy tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe in die Muldersdrift-gebied in Gauteng geskiet is.

Konst. Lucky Matome, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is Saterdag omstreeks 20:30 na die kleinhoewe in die Rietfontein-gebied ontbied en het die vrou aangetref waar sy in ʼn plas bloed gelê het.

“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die vrou tydens ʼn huisroof in haar rug geskiet is. Dit is nie duidelik hoeveel verdagtes by die hartelose misdaad betrokke was nie,” het Matome gesê. Hy het gesê selfone, ʼn tuisteaterstel en ʼn onbevestigde bedrag kontant is uit die huis gesteel.

“Daar kon nie veel inligting by die slagoffer verkry word nie, aangesien sy in ʼn kritieke toestand was. Sy is na ʼn hospitaal gehaas vir dringende mediese behandeling.” ʼn Saak van poging tot moord en huisroof word ondersoek.

Die aanval kom net ʼn dag nadat ʼn man Vrydagoggend op ʼn kleinhoewe ook in die Rietfontein-gebied in Muldersdrift doodgeskiet is. Maroela Media het vroeër berig die man het omstreeks 05:45 ʼn geluid buite op die kleinhoewe gehoor en uit die huis gegaan om ondersoek in te stel. ʼn Skietgeveg het tussen hom en die verdagtes ontstaan en die man is in sy bolyf gewond. Hy het op die toneel gesterf.

Matome het gesê die SAPD in die Wes-Rand is baie bekommerd oor die toenemende aantal aanvalle op kleinhoewes in die gebied. Enigiemand met meer inligting word versoek om die Muldersdrift-polisie by 011 952 4600 of die Wes-Rand-trio-taakspan by 079 496 6288 te nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Lena Jonk ·

Stel weer kommando stelsel aan, hulle het goeie werk gedoen.

zoom zoom ·

Geen woord van die DA of die min van polisie. Is dit omdat dit ‘n wit vrou mag wees???

Jaco ·

Wees realisties, moorde op n swart mense in die swart buurte word nooit gepubliseer, swart mense het n baie groter moontlikheid om vermoor te word.

René Prinsloo ·

Wanneer gaan hierdie sinnelose moorde/aanvalle stop? Die SAPD word nie meer gevrees nie. Maak die polisiemag weer soos in die verlede en op wie jy kan staatmaak en vertrou.

Harry ·

Zoom zoom. Nou praat jy. Goeie punt. Dis omdat dit roof en huisbraak is. Rassisme is mos n baie erger oortreding as moord en roof.

Johanna Botha ·

Die geval is mos ook rasisme aangesien die blanke vrou aangeval is EN poging tot moord !

Cherokee ·

Jy het by albei die KFC-berigte gesê dat jy jou skaam vir die mense, met betrekking tot wittes. Het jy al ooit enige swarte gehoor sê dat hulle hul skaam vir wat in die land aangaan? Jy kan nie dit met die KFC-insident vergelyk nie.

Hanna ·

Hoekom kry die KFC-saak soveel meer media aandag? Hierdie is ook n rassistiese aanval. Dalk oor die slagoffer wit is?

Michael ·

Nou is dit nie n rasse voorval nie en geen woord van die DA nie ???

tom ·

Pleks dat die arogante polisie minister aanvalle op blankes keer is hy vinnig met sy mond oor kamma ,ras aan valle

Leahim ·

Die arme vrou is nie aangerant nie sy is in die rug geskiet hierdie is na my mening ook n rasse aanval wat se die DA LP en die minister van polisie wat gaan hulle doen ?

Leahim ·

Ek is net sarkasties asb Maroela media hou op met julle onregverdigheid hanteer wit en swart dieselfde julle veroorsaak indirek rassespanning soos met die kfc opskrifte wat eintlik net n vermoedelike aanranding was.

Veritas ·

Aanvaar dit maar. Die duiwel is los in Suid-Afrika. Moord, kinderpornografie, korrupsie en rassehaat vier hoogty. Die ergste van alles is dat die regering, wat veronderstel is om na die mense van die land om te sien, hierdie dinge aanhits of self daarin deel het. Hoe vinniger ons dit besef en daadwerklik daarteen optree, hoe beter vir alle wetsgehoorsames. Massa protesoptogte beteken niks. Dit is werklik net ‘n mors van tyd. Daadwerklike aksie is nodig. Mense van alle rasse moet nou onderlinge geskille eenkant skuif en saam werk om hierdie hopelose, onbetroubare regering tot ‘n val te bring. Ek stel voor ons as gematigdes tree in gesprek met een van die kleiner politieke partye wat hul gereeld hieroor uitspreek. Die DA is ‘n mors van tyd en energie. Hulle val die ANC aan op al die verkeerde punte en laat die moord en doodslag, deur hul slapsielige optrede, tweede viool speel. Hulle is beslis net in die politiek vir eie gewin.

Johann ·

I live across from the N14 and I heard about 4 shots last night at about 6.15 pm
Scary

Debbie ·

Vir almal wat so rassisme skreeu, dit was ‘n swart dame…blykbaar was dit ‘n klompie kamers waar mense aangeval is.

Michael ·

Debbie dit gaan nie oor rasisme nie regtig dit gaan oor die media en die regering wat rasisme aanblaas vir redes wat net hulle op kan andwoord en dit moet stop .

Werner ·

As dit hiusroof is dan is sy wit anders was dit weer n rassistiese aanval

Annette ·

Suid Afrika is ‘n 2de Zimbabwe. Die ersgte is dat die moordenaars nie kan gevang word nie, en met alles weg kom. En dit alles vir ‘n celfoon.

Morne ·

Dit is so ongelooflik hartseer. Ek lees gereeld Maroela en net in die afgelope week het ek nou al “track” verloor van al die moorde. Dis ongelooflik wreed en afskuwelik. Ek en my vrou woon in Spanje. Dis een van die redes waarom ons oorsee bly. Ek kan maar net bid dat God die duiwels sal straf. Ek en my vrou bly hier in Spanje, ons oorweeg dit nie eers om terug SA te gaan nie.

LMF ·

Nou die dag gehoor ons is 57 miljoen in SA amper die helfte daaraan het ondedeur die draad deur gekruip soos slange en n slang se kop moet afgekap word stuur hul terug en werkloosheid is so te sê opgelos huise ook maar nee hul is mos welkom hier plaas moorde sal dan ook af neem o Donald Trump waar is jy

Michael ·

Watter draad die grensheining bestaan nie meer jy kan nou sommer oorry …bou n muur

Lisaan ·

Dit help nie om agter n duim weg te kruip en die DA of Polisie slegsê nie. Dis n swak regering wat niks omtrent so n situasie wil of gaan doen nie. Die President van SA uiter dan self van die verhoog haatspraak. Sê eerder dankie aan die wat so bereidswillig is om aan te sluit by sekuriteite en uit te spring en te help waat hul kan.

AMANDA STRYDOM .G ·

Dan is daar nog ‘n aanval in Limpopo-Letsitele. Kyk ek is so keelvol vir die slagting van ons mense ek wil skreeu en nooit weer ophou!! Dan skryf Kathadra groepie hulle is so ontstig oor die KFC. Tussen wie was die baklei in die eerste plek???? Almal weet dit is ras aangedrewe. In hierdie land tans is dit mos as jy ‘n windjie laat en die swart buurman ruik dit—– is dit rassisme!!!!
Tyd dat daar ‘n globale groep opruk, oorsee en dit hard en duidelik uitspel !! Ja die vernietiging van ons oumense of oor die hele spektrum van ons blankes. Foto’s en al hulle moet dit aanskou.
Daar is in elk geval nie genoeg voertuie ,- NEE-of geen voertuie beskikbaar in die liewe Tzaneen omgewing!! Fikile skaar hom by mooi poppies om indruk te maak. Klim in jou kar Mnr Fikile en ek gee vir jou die harde feite in jou gesig!!! :(
Kom net om Vadersnaam.!!!!!

Alta ·

Muldersdrift is gereeld in die nuus met aanvalle en of moorde. Dit maak mens bekommerd om daar te woon op kleinhoewes veral!!!!

Kenny ·

n geluid buite gehoor en toe uitgegaan om te gaan ondersoek, met hoeveel moorde het dit nie al so gebeur nie?

Rina Pretorius ·

En die minister se die minderheid wil vernietig, hy het nie mooi gedink nie, hoekom is hy so blind vir die plaasmoorde wat nou tot 3 per dag gebeur, ek sou eerder se die meerderheid wil die minderheid vernietig. mense se emosies het kookpunt bereik, ons begin nou terug baklei dis maar so

Zeus ·

As jy in die Muldersdrift omgewing bly en jy is nie 24/7 bewapen nie dan speel jy letterlik met jou lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.