Vrou kritiek ná duik in Umkomaas

Argieffoto (Foto: tpsdave, Pixabay)

Argieffoto (Foto: tpsdave, Pixabay)

ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand nadat sy Maandagoggend by Umkomaas aan die suidkus van KwaZulu-Natal ʼn lewensgevaarlike mediese toestand opgedoen het.

“Die fantastiese optrede van die duikmeester en sy kalm benadering het die vrou se lewe gered,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê.

Volgens berigte van die toneel was die vrou ongeveer vier minute lank op 18 meter toe sy begin sukkel het om asem te haal. “Die duikmeester het opgemerk dat sy sukkel om asem te haal en sy het angstig geword. Dit blyk dat sy ʼn toestand gehad het waar haar longe met haar eie liggaamsvloeistof begin vul het, wat asemhaling bykans onmoontlik gemaak het. Selfs met dié toestand, het die duikmeester verseker dat hy die asemhalingstuk steeds in haar mond hou en hy het die nodige dekompressie-stoppe uitgevoer,” het Botha bygevoeg.

“Toe hulle by die boot aangekom het, is ons ontbied om hulle op die strand te ontmoet. Die vrou is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat sy na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

Botha het gesê die span by Netcare 911 loof die duikmeester vir die professionele behandeling wat hy aan duikers bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jaco Grobler ·

Wat de? Longe vul met eie liggaamvloeistof… Nog nooit van so iets gehoor tensy daar trauma betrokke is nie, leer nou weer iets vandag! Pulmonary edema?

Janie Monsieur ·

Dagsê Stellie

Dankie vir jou navraag!
Maroela Media maak na verwagting binnekort ‘n groot aankondiging hieroor – bly gerus ingeskakel!

Groetnis
Janie
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.