ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn gassilinder Saterdagoggend in haar huis in Bryanston, noord van Johannesburg, ontplof het.
“Die vrou was reeds buite haar huis toe paramedici omstreeks 05:00 by die toneel opgedaag het,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911 gesê.
ʼn Brand het uitgebreek nadat die gassilinder ontplof het.
Die vrou is op die toneel behandel voordat sy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.
Nou wonder mens net, na aanleiding van die program op Carte Blanche oor plekke wat gas verkoop en dit nie op die wettige manier geseël en gevul is nie of hierdie so ‘n geval mag wees. Ek hoop hier word ordentlik ondersoek ingestel. Mense is nie altyd bewus van presies hoe ‘n nuwe bottel geseël moet word ens en dink dalk hul koop by ‘n wettig geregistreerde handelaar en dan is dit nie.