Vrou kritiek ná hond haar aanval

Argieffoto (Foto: TC Perch / Pixabay)

ʼn Vrou, in haar 30’s, is in ʼn kritieke toestand ná ʼn Belgiese herdershond haar in Malvern, wes van Durban, aangeval het.

ALS Paramedics is Dinsdagmiddag net ná 15:00 na die toneel in Daisyweg ontbied.

Die hond, ook bekend as ʼn Belgiese malinois, het haar aangeval toe sy ʼn eiendom verlaat het.

“Die vrou is verskeie kere gebyt,” het ALS Paramedics in ʼn verklaring gesê. “Sy was in ʼn kritieke toestand. Sy is op die toneel gestabiliseer voor sy na die Ahmed Al Khadi- privaat hospitaal geneem is. ʼn Traumaspan het gereed gestaan om haar te ontvang.”

Die SAPD, metropolisie en DBV was op die toneel en stel ondersoek in om te bepaal wat tot die aanval aanleiding gegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Danie ·

“…n eiendom verlaat.”
Daars die antwoord.
Seker n reun want hulle kan agressief hul woonplek en eienaar beskerm.

OU SAAR ·

Genade, dis verskriklik.

Wat gaan aan met die klomp hondbyt gevalle.
Het die DBV al daaraan gedink om ondersoek in te stel oor hoekom mense die laaste tyd so deur honde aangeval word. Dit is net vir my vreeslik…

Republikein in die Wes Kaap ·

Honde word ook gespanne. Hulle voel hul eienaars se vrees en spanning aan. Kalm eienaars wat hul honde goed versorg het kalm honde. Dit werk so met trop diere.

christo ·

Die goue reël is dat jy nie in iemand se erf ingaan indien daar ‘n waarskuwing op die hek is nie. Dis waarom huiseienaars ook hulle hekke moet sluit indien hulle tuis is nie. Maak seker dat daar geen plekke is waar jou hond kan uitkom nie. Dis ook die eienaar se verantwoordelikheid indien iemand wettiglik die terrein betree het eb dan verlaat dat sy hond onder sy toesig én beheer is. Albei partye het ‘

Olive ·

Ja, gaan kyk maar as jy dit sou waag om in daardie area te gaan onder watse omstandighede word honde daar aangehou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.