Vrou kritiek ná huishoudelike geweld

Die vrou is met die Air Mercy 5 Rooikruis-helikopter na die Chief Albert Luthuli-hospitaal geneem (Foto: Marshall Security)

Die vrou is met die Air Mercy 5 Rooikruis-helikopter na die Chief Albert Luthuli-hospitaal geneem (Foto: Marshall Security)

ʼn Vrou, glo in haar laat 20’s, veg om haar lewe in ʼn hospitaal ná ʼn voorval van huishoudelike geweld, Vrydagmiddag in Glen Anil, noord van Durban.

“Marshall Security is omstreeks 15:30 na die toneel in Cypressweg ontbied,” het Kyle van Reenen, woordvoerder, gesê. “Volgens berigte op die toneel het ʼn veiligheidswag, wat wag gehou het oor ʼn nywerheidsperseel in die gebied, glo met die jong vrou baklei. Die veiligheidswag het na bewering ʼn privaat kleinkalibervuurwapen te voorskyn gebring en haar in die bors geskiet.”

Die vrou het vir haar lewe gevrees en te voet gevlug voor sy in die straat inmekaargesak het. “Die verdagte het in ʼn onbekende rigting gevlug.”

Van Reenen het gesê beamptes van Marshall Security het die vrou in ʼn kritieke toestand op die sypaadjie gevind. “Netcare 911 is ontbied en hulle het 40 minute lank onverpoosd gewerk om haar te stabiliseer. Die Air Mercy 5 Rooikruis-helikopter is ontbied om die vrou na die Chief Albert Luthuli-hospitaal te neem,” het hy gesê.

Die vrou is in ʼn kritieke, maar stabiele toestand in die hospitaal.

“Die verdagte is nog op vrye voet. Die toneel is aan die Greenwood Park-polisie oorgegee vir verdere ondersoek,” het hy bygevoeg.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die vrou is in Noordkusweg geskiet. Sy het gesê die vrou het vir openbare vervoer gestaan en wag voor die man haar geskiet het.

Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

christine ·

Huishoudlike geweld?? Maroela klink einlik meer na straat geveg. Ai die humeure.

Sune van Heerden ·

Dagsê Christine

Die inligting oor die huishoudelike geweld kom van die toneel af. Die verwantskap tussen die vrou en die man is nog nie bekend gemaak nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Mariette Hammann ·

Huishoudelike geweld beteken dat getroude paartjies baklei. Hier is dit die wag van die plek wat haar geskiet het. Hoe is dit nou huishoudelike geweld???

Sune van Heerden ·

Dagsê Mariette

Die inligting oor die huishoudelike geweld kom van die toneel af. Die verwantskap tussen die vrou en die man is nog nie bekend gemaak nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Andrea van Vuren ·

Hy was dalk me haar getroud of in ‘n verhouding.

CommentQueen ·

Huishoudelike geweld is wanneer mense in dieselfde huishouding baklei. Man en vrou en kinders. Nie wagte en vrouens wat in die straat loop nie…

Sune van Heerden ·

Dagsê CommentQueen

Die inligting oor die huishoudelike geweld kom van die toneel af. Die verwantskap tussen die vrou en die man is nog nie bekend gemaak nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Daenerys Targaryen ·

Ek stem, huishoudelik is nie die korrekte woord nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Daenerys

Die inligting oor die huishoudelike geweld kom van die toneel af. Die verwantskap tussen die vrou en die man is nog nie bekend gemaak nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Hannetjie ·

Dit is heeltemal onaanvaarbaar. Waar het jy gesien n persoon wat jou sekuriteit moet bied…skiet of hy in die wilde weste is of in n cowboy movie speel.
Ons publiek moet moet toetse slaag om n wapen te besit en dan 100de gehoorsaam..hierdie persoon skiet om dood te skiet…nee dit werk nie so nie.dit kom daarvan dat enige Jan Rap en sy maat sekuriteit word en gevaarlike wapens in hulle hande gestop word.
Ek dink hulle koppe moet eerder getoets word.
Dis so onregverdig.
Geen mens verdien dit nie.

Hannetjie ·

Ek sien dis sy privaatwapen.
Miskien was hulle in n verhouding
Maar niks gee hom die reg om haar te skiet nie

Ben ·

Mense wat sommer skiet vir strooi (as hul eie lewe nie in gevaar is nie) behoord nooit ‘n vuurwapen te kan besit nie, want hulle is onstabiel en ‘n gevaar vir matige mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.