Vrou kritiek ná kopskoot

Die pad in Roodepoort waar die vrou aangetref is. (Foto: Netcare 911)

ʼn Vrou is in ʼn bedenklike toestand na ʼn hospitaal geneem nadat sy oënskynlik eers aangerand en toe in die kop geskiet is.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die vrou is Donderdagoggend digby Abraham van Wyk-weg in Rietvlei, Roodepoort, aangetref.

“Paramedici het haar ondersoek en bevind dat sy in ʼn bedenklike toestand verkeer,” het Herbst gesê.

Sy is op die toneel behandel, aan lewensondersteunende masjiene gekoppel en inderhaas vir behandeling na ʼn hospitaal geneem.

“Die polisie ondersoek die omstandighede wat tot die skietery gelei het,” het Herbst gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.