Vrou kritiek ná masjien haar ‘insluk’

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Vrou van Delmas in Mpumalanga is in ʼn kritieke toestand nadat haar arm in ’n vleisverwerkingsmasjien vasgevang en sy deur die masjien ingetrek is.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is vroeg Donderdagoggend na die toneel by ʼn onderneming op die R50 ontbied. Die vrou, vermoedelik in haar 30’s, was besig om met die masjien te werk toe haar arm vasgevang geraak het in ʼn gedeelte van die masjien wat roteer.

“Met paramedici se aankoms op die toneel, is die vrou reeds in die kliniek van die onderneming opgeneem. Haar kollegas het haar glo uit die masjien gehaal,” het Bodasing gesê. “Sy het ernstige beserings aan haar arm, nek en kop opgedoen en was in ʼn kritieke toestand.”

Die vrou is per helikopter na ʼn hospitaal vervoer. Bodasing wou nie in hierdie stadium die naam van die onderneming bekendmaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.