Vrou kritiek na motor bees tref

Die motorwrak (Foto: Netcare 911)

’n Vrou is Dinsdagaand in ’n kritieke toestand met ’n lugambulans na ’n hospitaal gevlieg nadat die motor waarin sy en nog ’n persoon gery het, ’n bees op die R42 in Vanderbijlpark getref het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 20:12 na die toneel ontbied waar hulle ’n vroulike passasier met ernstige beserings behandel het.

’n Lugambulans is later weens die aard van die vrou se beserings na die toneel ontbied om haar na ’n hospitaal te vlieg vir verdere mediese behandeling.

“Die bestuurder van die motor het ligte beserings opgedoen en is op die toneel ondersoek, maar het die vervoer na die hospitaal van die hand gewys.”

Die bees is in die botsing dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pieter ·

Geen verkeersbeampte tree op teen diere in die pad nie, al is dit lewensgevaarlik. Makliker om met ‘n kamera langs die pad te staan of mense te beboet met ‘n hond in die kar of venster. Kamstige obstruksie. Weet van baie meer ernstige obstruksies wat geïgnoreer word.

Frank ·

Wens mens kan begin stappe neem teen die vee eienaars wat so ongelukke veroorsaak. Dikwels beeste in/langs die pad in Limpopo met geen veewagter in sig nie. Meestal.

Annelize ·

Nee wat, die eienaar van so dier is ook sommer saam met die dier “dood” as so iets gebeur.

Jessey ·

Bees hoort nie in die pad nie. Eienaar van die bees behoort aangekla te word van poging tot moord en klaar. Moeg om te sien hoe mense seer kry oor diere wat op die paaie rondloop in die aande as hulle nie daar hoort nie. Nie dat beeste selfs in die dag op die paaie hoort nie.

Cherokee ·

Ek het op die N3 in Van Reenenspas stil gehou en skape van die pad af gejaag terug oor ‘n gebreekte draad. Terwyl ek die skape afgejaag het, het ‘n wit vrou met haar kar stadig tussen die skape deur gekronkel en ‘n swart lorrie bestuurder het stil gehou en my gehelp. Gelukkig het ‘n veewagter van êrens af uit die veld verskyn. Die wit vrou het dalk gedink dit is my skape en ek het die telefoonnommer op die vragmotor se bakwerk gebel en die bestuurder gekomplimenteer. Dit is nie slegs die verkeerspolisie se taak nie maar ook diè van elke voertuigbestuurder op die pad, (wanneer dit veilig is vir die mense in die voertuig).

Anoniem ·

Dis baie mooi van jou. Ek weet van ‘n geval waar ‘n vrou en haar seun presies dieselfde gedoen het. Die polisie het hulle gearresteer vir veediefstal!

Moedeloos ·

Ek sal as wit vrou ook nie stilhou nie – te bang vir lokval

Pieter ·

Die op komende boere se beeste moet mos langs die pad loop en gras eet want daar word nie vir hulle kos gegee nie.

Jakes ·

Dis n algemene tendens dat beeste, skape, bokke en wie weet wat alles openlik langs ons paaie loop en nreuse gevaar ihou ve menselewens. Snags is die gevaar 10 keer groter. Laat die dier se eienaars pa staan vir ongeluk.

Herman L ·

Die probleem met diere op die pad is dat niemand skielik weet wie die eienaar is, as ‘n dier ‘n ongeluk veroorsaak nie. Al hoewel eienaars verplig is om diere te merk, word dit nie gedoen nie. Verder is baie grensheinings langs paaie herverdeel en diere kan vrylik rondbeweeg. Die probleem is die stelsel. Niemand is verantwoordelik nie en niemand is aanspreklik nie.

minniemuis ·

Vanderbijlpark en Sasolburg dink jy dis snaaks indien jy geen beeste in die pad of langs die pad tee kom nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.