’n Vrou is Dinsdagaand in ’n kritieke toestand met ’n lugambulans na ’n hospitaal gevlieg nadat die motor waarin sy en nog ’n persoon gery het, ’n bees op die R42 in Vanderbijlpark getref het.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 20:12 na die toneel ontbied waar hulle ’n vroulike passasier met ernstige beserings behandel het.
’n Lugambulans is later weens die aard van die vrou se beserings na die toneel ontbied om haar na ’n hospitaal te vlieg vir verdere mediese behandeling.
“Die bestuurder van die motor het ligte beserings opgedoen en is op die toneel ondersoek, maar het die vervoer na die hospitaal van die hand gewys.”
Die bees is in die botsing dood.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Geen verkeersbeampte tree op teen diere in die pad nie, al is dit lewensgevaarlik. Makliker om met ‘n kamera langs die pad te staan of mense te beboet met ‘n hond in die kar of venster. Kamstige obstruksie. Weet van baie meer ernstige obstruksies wat geïgnoreer word.
Wens mens kan begin stappe neem teen die vee eienaars wat so ongelukke veroorsaak. Dikwels beeste in/langs die pad in Limpopo met geen veewagter in sig nie. Meestal.
Bees hoort nie in die pad nie. Eienaar van die bees behoort aangekla te word van poging tot moord en klaar. Moeg om te sien hoe mense seer kry oor diere wat op die paaie rondloop in die aande as hulle nie daar hoort nie. Nie dat beeste selfs in die dag op die paaie hoort nie.
Ek het op die N3 in Van Reenenspas stil gehou en skape van die pad af gejaag terug oor ‘n gebreekte draad. Terwyl ek die skape afgejaag het, het ‘n wit vrou met haar kar stadig tussen die skape deur gekronkel en ‘n swart lorrie bestuurder het stil gehou en my gehelp. Gelukkig het ‘n veewagter van êrens af uit die veld verskyn. Die wit vrou het dalk gedink dit is my skape en ek het die telefoonnommer op die vragmotor se bakwerk gebel en die bestuurder gekomplimenteer. Dit is nie slegs die verkeerspolisie se taak nie maar ook diè… Lees meer »
Die op komende boere se beeste moet mos langs die pad loop en gras eet want daar word nie vir hulle kos gegee nie.