Vrou kritiek ná perd-ongeluk, familie vra gebede

Marzanne Kuhn. Foto: Facebook.

Marzanne Kuhn. Foto: Facebook.

ʼn Geliefde juffrou van Wolmaransstad is in ʼn kritieke toestand ná sy Saterdagaand in ʼn fratsongeluk deur twee perde omgehardloop is.

Jaco Pretorius (29), Marzanne Kuhn(28) se kêrel, het aan Maroela Media verduidelik wat gebeur het.

“Twee van ons perde het op ons kleinhoewe in die pad voor ons huis gestaan. Ek het haar gevra om naby die huis se hek te gaan staan en hulle te keer. Ek het hulle solank gaan aankeer sodat hulle nie in die openbare pad beland nie. Hulle het omgedraai en huis se kant toe beweeg, dit was 20:30 Saterdagaand, so dit was al donker. Ek kan nie presies sê hoe ver voor my hulle was nie, maar hulle het na Marzanne toe gehardloop, teen haar vasgehardloop en haar omgestamp,” het Pretorius verduidelik.

Die kleinhoewe is in Witpoort naby Wolmaransstad in Noordwes.

Marzanne het agtertoe geval en haar kop gestamp. “Toe ek by haar kom, het sy my hand gedruk, maar was nie by haar volle bewussyn nie,” het Pretorius gesê. “Die perde is my werk, maar dit was haar stokperdjie.”

Marzanne Kuhn. Foto: Facebook.

Marzanne Kuhn. Foto: Facebook.

Marzanne is daarna met ʼn ambulans na hul naaste hospitaal in Wolmaransstad geneem waar hulle haar gestabiliseer het. Sy is toe na ʼn privaat hospitaal in Klerksdorp geneem waar hulle ʼn skandering gedoen en haar onmiddellik na ʼn privaat hospitaal in Lenasia naby Johannesburg oorgeplaas het.

“Ons het so 03:30 Sondag hier aangekom. Marzanne het bloeding aan die voorkant van haar brein en haar brein is ook geswel. Sy word nog nie wakker nie en reageer ook nie. Hulle doen môre weer skanderings en dan sal ons die plan van aksie kan bepaal,” het Pretorius gesê.

Marzanne is aan ʼn ventilator gekoppel, maar haar liggaam reguleer wel self haar bloeddruk en hartklop.

Marzanne en Jaco gaan al byna tien jaar uit. Sy word môre 29.

“Die situasie lyk nou baie sleg, maar ek glo sy gaan volkome herstel. Ons wil graag vir mense vra om vir haar te bid. Ek gee nie om hoe lank dit vat nie, ons bid vir ʼn volkome herstel. Die eerste paar dae was baie erg, maar ek en haar ma, Elna, is hier by haar. Ons bly kalm ter wille van haar. Haar toestand is baie, baie kritiek.”

Marzanne is ʼn graadeen-onderwyseres by die Laerskool Makwassie in Wolmaransstad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Miliza Coetzee ·

Marzanne, ken jou nie persoonlik nie, maar weet van jou as ‘n uithourit ruiter. Ons doen ook perde sport, Western Riding en uithouritte so af en toe. Bid vir jou vir ‘n volkome herstel. Dink aan almal betrokke by haar.

celia ·

Ek bid vir haar en vir volkome herstel. Baie liefde. Onthou jul word gedra deur gebede,baie sterkte!

wicus ·

STERKTE MARZANNE EN JACO ,GLO EN VERTROU , ALLES SAL REGKOM , AFRIDOME GROETE

Hannelie ·

Sterkte Marzanne. Here U is ons Groot Geneser, by U is niks onmoontlik.

Genieve ·

Ons glo die Here sal haar aanraak,niks is onmoontlik by hom nie..baie sterkte vir julle as fam.

Chanelle Malan ·

Jammer om te hoor. Hoop dat sy gou beter word. Dink aan haar x

ELAINE ·

Heer vat asb die dame se hand en ly haar na herstel in Jesus naam Amen

Anne-marie ·

Ons gesin bid vir jou Marzanne dat jy volkome sal herstel. Jou julle familie bid vir jou. Sterkte Jaco en tannie Elna!!

Anuschka ·

Sterkte Marzanne…..!!♥. Bid vir jou vir volle herstel! Nukka en Ryno

adriana ·

Ai dit is vreeslik. Liewe Jesus wees asb by haar en maak haar gesond.

Pippa ·

God is almagtig en sal jul dra in jul gebede. Heilige Gees vul asb hierdie mense se harte met geloof. Dankie God ons Vader.

Susan du Toit ·

Julle is in ons gebede Ons dien ‘n Groot God Sterkte

Ben Wepener ·

Hi,
Ek wil net vir Marzanne en Familie se hou aan bid. My Dogter Rachel Wepener was op 11 September 2016 in n Frats Perde Ongeluk.. Haar perd het geval en sy agterna,
Nek gebreek op C1 en bloeding op Brein Stem. Sy was 14 dae in Koma te Benoni Linmed Hospitaal.
Sy was nog vir 4-5 weke onder verdowing geplaas.
Sy was Daarnaoorgeplaas na Netcare Regabilitasie Hospitaal Aucklandpark.Op 5 Januarie 2017 was sy huis toe gestuur om by huis aan te sterk. SA Homecare kyk tans na haar. Sy sterk aan maar dit is n baie stadige Proses.
Sy het o/14 vir Jymkana SA Soan gery en in 2015 haar klere verwerf vir Presidentspan.
Sy het in 2015 en 2016 Gauteng Skole Atletiek verteenwoordig by SA’s…
Daar is ook n ” Rachel Wepener Hulpfonds” gestig..op FB.
Regoor SA en in Buiteland word daar vir haar gebid…
Sterkte met Marzanne se herstel proses…

Mari ·

Ons bid vir julle almal en le julle voor Jesus se voete. Vir Hom is alles moondlik sterkte en gee vir haar n drukkie van ons af.

Annelize ·

Ons bid vir volle geneesing by Marzanne! God het Sy Hand oor my gehad met so frats ongeluk met my perd. Ons glo dat God haar sal bystaan en haar sal beskerm! Ben, my hart gaan uit na julle toe. Dit is n baie stadige en n baie lang pad wat voorle. My ongeluk was al 6 jaar terug en ek het nog steeds baie dinge. Ek was ook by Linmed in Benoni. Hulle is fantasties! Die beste voorstel wat ek dalk kan maak is om by n neuroloog sielkundige uit te kom en vinnig ook. Mense weet nie wat n hoofbesering aan jou of jou gedagtes doen nie. Dit is baie donker gedagtes. Ek praat van ondervinding. Sterkte aan almal van julle. Ons bod vir Julie!

lw ·

By God is alles moontlik! Ek bid vir haar spoedige herstel. Sterkte aan haar gesin en kerel in die moeilike hartseer tyd.

Sophia ·

Baie sterkte Marzanne en familie, asook Jaco. My seun Jaco het ook breinbeserings opgedoen verlede jaar toe ‘n aar op sy brein geskeur het met gewigte wat hy opgetel het by die gym. Dit is NET gebede wat mens uit sulke donker dae uitlig! En ‘n baie stadige proses daarna met rehab en by die huis. Ek bid dat God se bloed op hierdie oomblik deur haar hele liggaam sal vloei en die breinbeserings sal herstel sodat sy NIKS nagevolge sal oorhou nie! In Jesus Naam, Amen

Leana * DustyPics Photography ·

My hart is STUKKEND… net TE veel vrats ongelukke eis ons ruiters. Jaco… Jansen… Kraaiki… almal van julle…. ons BID hard en aanhoudend! Nie net vir haar nie maar vir julle ook. Sys n dierbare dierbare siel wat nie n muggie kan skade doen nie. Jesus Liefde vir julle almal.

Herman Susan Ferreira ·

Ons Bid vir Marzane Brand en familie krag en wysheid kom net van Bo. bid en Glo. Herman en Susan Ferreira

T ·

Baie Sterkte aan Marzanne se familie en kerel. Sy word opgedra in ons gebede. Sulke frats ongelukke gebeur in n oogwink. Maroela Media laat weet ons asb as sy haar bewussyn herwin.

Melanie Wagenaar ·

Sterkte vir al die geliefdes! Julle is in ons gebedes! Ons Liewe Liewe Heer se Genade is Groot en hy sal Marzaan stuif vashou en volkome genees as dit sy wil is!

James Dalgleish ·

Oom Brand, tannie Kraai, Jaco en Jansen.. Ek dink aan jul nou in die moeilike tyd maar ek glo en vertrou dat Marzaan sal reg kom en ten volle herstel.. Jul almal is in my en my gesin se gebede.. Eddie

Debbie de Kock ·

Marzaan ek ken jou nie, maar mag God jou so styf vashou dat jy Sy hartklop teen jou wang voel.

Miggie Pelser ·

Ons hou jou in ons gebede Marzanne en bid vir volkome genesing ?

Juky Pitout ·

Marzanne ons het ‘n groot gebedsgroep en gaan dadelik aanstuur vir Gebed ons Bid volkome Genesing in Jesus Naam asook sterkte vir haar Ma en Jaco vriend, Hou net vas aan Jesus en ons verklaar dat sy volkome Genees sal word in Jesus Christus se Naam, Ons gaan ook vir Rachel Wepener ook Bid en Spreek oor Volkome Genesing vir haar in Jesus Naam Amen God bless

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.