Vrou kritiek ná perd skrik

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 52-jarige vrou is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal in Pietermaritzburg geneem nadat sy Sondagmiddag van ʼn perd afgeval het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou het in die KwaZulu-Natalse Middelland-omgewing perdgery toe die perd glo vir iets geskrik en die vrou van sy rug afgegooi het.

“Sy het op die grond geval en haar kop gestamp. Paramedici het haar vir ʼn erge hoofbesering behandel,” het Vermaak gesê.

Die vrou is op die toneel gestabiliseer en na die Mediclinic Pietermaritzburg geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

M A ·

Ek ry ook perd en weet dat mense n perdryhoed moet dra. Nie n fietshelm of iets dergliks nie, n behoorlike perdryhoed wat reg vasgemaak is. Jy kan nog steeds baie seerkry maar jy het n beter kans dat jy nie n breinbesering gaan hê nie. Kyk maar op Facebook hoe baie fotos daar is van mense op perde met niks op hulle koppe nie. Hoede is nie juis cool nie maar met perde weet n mens nooit nie.

OD ·

Waar in die artikel staan dit dat sy nie ’n perdryhoed aangehad het nie? Jy kan nie bloot net aanneem nie. Die feit dat sy ’n erge hoofbesering opgedoen het, beteken nie sy het sonder beskerming gekry nie. Ek ry ook perd en ek het al mense gesien wat seergekry het (kopbeserings ingesluit) met al die nodige beskermingstoerusting.

M A ·

Waar in my kommentaar staan dat ek sê sy het nie n ryhoed opgehad nie? Of dat ek aangeneem het sy het nie n ryhoed opgehad nie?

KarooKlong ·

Tydens uithouritte mag ‘n ruiter nie sonder ‘n “hoed wat jou hoof beskerm” deelneem nie.
Perd gooi jou ook nie sommer af nie, dalk is dit van toepassing by rodeo. Perde skrik wel vir blikkies en sakkies en sulke derglike goeters langs die pad maar volgens my val mens van ‘n perd af, veral as jy te op jou gemak raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.