Vrou kritiek na skermsweef-ongeluk

Foto: kirstenstigling/Instagram

Foto: kirstenstigling/Instagram

ʼn 24-jarige vrou is kritiek beseer in ʼn skermsweef-ongeluk in Seepunt in Kaapstad.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by die promenade plaasgevind toe die vrou saam met ʼn man ʼn tandem-skermsweef gedoen het. Volgens Meiring het hulle teen ʼn muur vasgevlieg.

“Met paramedici se aankoms op die toneel het die man en vrou naby die muur gelê. Hulle was steeds in die tandem vasgegespe. Die vrou het kritieke beserings opgedoen terwyl die man ʼn fraktuur aan sy arm opgedoen het.”

Volgens Meiring is die vrou op die toneel behandel voordat sy na ʼn private hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg. Die man is ook na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Meiring het gesê die man was glo aan die stuur en het glo beheer verloor voordat hulle teen die muur gebots het.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DPJ ·

wanneer jy ‘n tandem sprong waag moet jy ten volle jou spanmaat vertrou.

Lindie ·

Jy’s reg. Dit geld ook vir die jong meisiekind wat by haar ou in ‘n kar klim en die girltjie wat agter haar ‘breker’ boyfriend se rug op ‘n bike gaan sit… en die vrou wat saam met haar skelm man in ‘n bed klim. Ek hoop die betrokke vroutjie genees volkome.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.