Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op die N12 naby Fochville plaasgevind.
“Die voertuig het glo aan die brand geslaan toe iets in die bakkie vonke veroorsaak het. Een van die passasiers het die vlamme gesien en uit die bewegende voertuig gespring,” het hy gesê. “Die bestuurder het die voertuig tot stilstand gebring en al die insittendes het uitgespring.”
Volgens Rossouw het ʼn kleuter, wat ook in die bakkie was, geringe beserings opgedoen, maar die twee ander volwassenes was ongedeerd.
“Die beseerde vrou was in ʼn kritieke toestand en moes per helikopter na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem word. Die kleuter is deur ʼn ander ambulansdiens hospitaal toe geneem,” het Rossouw gesê.
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie en sal deur die polisie ondersoek word.
Hoeveel mense was dan binne in die bakkie?
Dit lyk nie vir mynsoosnn dubbelcap nie.?
Daar kon drie mense voor in die bakkie (2 volwassenes, 1 kind), plus 6-8 ander mense agter op die bakkie gewees het. Dit lyk na ‘n ouerige Mitsubishi vir my. Maak sin dat daar meer as net net 3 mense binne in die “cab” was omdat bakkies – al is dit onwettig – nog altyd as ‘taxi’s’ gebruik word!
Hoeveel mense was in die bakkie?. Almal het uitgespring en niemand het af gespring nie.