’n Johannesburgse vrou is in ’n kritieke toestand nadat haar motor Maandagmiddag in die oprit van haar huis vermoedelik oor haar geloop het.
Die vrou, in haar 30’s, is by ’n insleepdiens se aankoms op die toneel onder haar motor in haar oprit in Wilropark, Roodepoort, aangetref. Lede van die insleepdiens moes die motor optel om haar onder die voertuig uit te kry.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die insleepdiens was reeds op die toneel toe die paramedici daar aankom. Die vrou het in dié stadium in haar oprit gelê. Haar motor het enkele meter verder gestaan.
Paramedici het die vrou ondersoek en bepaal dat sy veelvuldige beserings in die oënskynlike fratsongeluk opgedoen het. Sy is op die toneel met gevorderde lewensondersteunende toerusting behandel voordat sy na ’n private hospitaal vervoer is vir dringende mediese behandeling.
Die plaaslike owerhede was vanmiddag op die toneel om ondersoek in te stel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Tipies van die hoofweë se aasvoëls om selfs voor die paramedici op die toneel te wees.
Daar is maar nie baie spasie onder ‘n voortuig tensy dit ‘n bakkie of SUV is nie, en baie goed daar onder wat jou kan seermaak. Hoop die vrou maak ‘n volkome herstel.
Vertrou die vrou sal volkome herstel…en dalk die voertuig se handrem laat opstel
“Onder die motor.”
“Motor enkele meter verder?”