Vrou kritiek ná sy van kwadfiets af val

Die helikopter by die hospitaal. Foto: Verskaf

ʼn Vrou, vermoedelik 26 jaar oud, moes Saterdagmiddag met ʼn helikopter van Cullinan, oos van Pretoria, na ʼn hospitaal geneem word nadat sy van ʼn kwadfiets af geval het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou het op ʼn grondpad, sowat 15 km buite die myndorpie, van die kwadfiets af geval. Dit is nog nie duidelik hoe die ongeluk plaasgevind het nie.

“Paramedici het omstreeks 13:30 by die toneel opgedaag en haar ondersoek. Van haar ribbebene was gebreek en sy het ook beserings aan haar skouer en enkel opgedoen,” het Siddall gesê.

Sy is op die toneel gestabiliseer en in ʼn kritieke toestand met die ER24 en One Plan- mediese helikopter na die Mediclinic Midstream geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wonder net ·

Is die korrekte afrikaans vir kwadfiets nie ‘n vierwiel motorfiets nie?

Spelling ·

Die spelling is eintlik ‘kwaadfiets’. Dis soos hulle in vakansiedorpe tekere gaan wanneer daar naweke vanuit plekke soos Jhb en Pta verhuis en jou goed de duiwel in maak met hulle optredes en lawaai.

Chris Ws ·

Ai ,ons wens haar ‘n spoedige herstel toe.Kwadfietse is gevaarliker as wat mense dink.Ons buurman het vir hom en sy vrou elk een gekoop.Een naweek ry hulle langs ‘n spoorlyn in die omgewing vir die pret en sy tref ‘n sement sleeper.Syt baie seer gekry en haar kwadfiets was afgeskryf.Dit was die einde van hul kwadfietse en sy het maande geneem om te herstel.

Boy van die Suburbs ·

Kwadfietse is nie speelgoed nie! My neef en sy vrou het dood verongeluk op ‘n kwadfiets!

vanderplaats ·

Kwadfiets is n baie goeie beskrywing vir die soort fietse.

Hulle is egter net soos n vuurwapen.

Wend hom reg aan en hy is jou vriend .
Mishandel hom en jy kan baie seer kry.

André ·

Hier in Van Dyk Park ry hulle in die strate rond saam met die verkeer. Dis besige strate. Jaag vinnig sonder beskermende klere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.