Vrou kritiek ná sy ver val

Paramedici op die toneel. Foto: ER24

Paramedici op die toneel. Foto: ER24

ʼn 45-jarige vrou van Johannesburg is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat sy van die tweede verdieping van ʼn huis geval het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die omstandighede rondom die voorval is steeds onduidelik en word ondersoek.

“Die voorval het by ʼn huis in Bassonia in die suide van die stad plaasgevind. Met paramedici se aankoms by die huis, het die vrou op ʼn rotsbank onder ʼn balkon gelê,” het Meiring gesê.

Die vrou het ernstige beserings aan haar kop en bekken opgedoen. Sy is op die toneel behandel en met ʼn helikopter na ʼn private hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.