Vrou kritiek na tref-en-trap

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Vrou is ernstig beseer nadat sy in Crystalpark in Benoni deur ʼn motor omgery is.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê die vrou het Longmoreweg probeer oorsteek toe sy deur die motor getref is. Volgens ooggetuies het die bestuurder van die motor weggejaag na die ongeluk. “Omstanders het die vrou uit die pad geskuif kort na die ongeluk.”

Vermaak sê die vrou het op die sypaadjie gelê met paramedici se aankoms op die toneel. Hy sê die vrou het kritieke kopbeserings opgedoen en na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.