Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê die vrou het Longmoreweg probeer oorsteek toe sy deur die motor getref is. Volgens ooggetuies het die bestuurder van die motor weggejaag na die ongeluk. “Omstanders het die vrou uit die pad geskuif kort na die ongeluk.”
Vermaak sê die vrou het op die sypaadjie gelê met paramedici se aankoms op die toneel. Hy sê die vrou het kritieke kopbeserings opgedoen en na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling.