Vrou kritiek ná trein haar tref

Argieffoto

ʼn 46-jarige vrou is kritiek beseer toe sy deur ʼn trein getref is in die Wes-Kaap.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Saterdagoggend op die Woodstock-treinplatform in dié Kaapstadse buurt plaasgevind.

Meiring het gesê hul paramedici het saam met ander nooddienste by die toneel opgedaag en die vrou op die treinspoor na aan die platform aangetref.

Dit is nog nie in dié stadium duidelik hoe die vrou daar beland het nie.

“Paramedici het die vrou ondersoek en bevind dat sy veelvuldige beserings opgedoen het en in ʼn kritieke toestand was. Sy is op die toneel behandel en na die Groote Schuur- provinsiale hospitaal gehaas vir dringende mediese sorg,” het Meiring gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Harry ·

Voetgangers in die Kaap loop elke dag voor my in en ek moet hard rem en uitswaai om hul te mis. In die stikdonker nag loop hul met donker klere asof daar geen motors is nie en hul probeer nie eers stop, vinniger loop of hardloop nie – mens sien hul partykeer op die laaste sekonde! Ek ry naweke omtrent 100km fiets en wanneer ek deur Kaapstad ry, loop dosyne voetgangers voor my in – ek het gister een uit my pad moes stamp met motors langs my. Ek is al redelik keelvol vir al die dom-astrante voetgangers van die Kaap en wonder hoeveel word weekliks deur bewegende treine, voertuie en fietse getref?

JSG ·

Dis n algemene probleem al die jare in Kaapstad. Mense loop net waar hulle wil. Menige programme is al probeer, maar nie veel het verander.

JSG ·

Dis n algemene probleem al die jare in Kaapstad. Mense loop net waar hulle wil. Menige programme is al probeer, maar nie veel het verander.

Nettie ·

Ek bly in die platteland, aan híérdie kant van die spoorlyn. Daar is ‘n yslike spoorwegkruisingsbrug net so driehonderd meter van my huisie af, maar dink jy die mense van die omgewing gebruik dit om die spore te kruis? Aikôna! Hulle loop oor die 3 stelle dubbele spoorlyne of daar nou ‘n trein aankom, of nie. En die brug word gebruik as openbare toilet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.