ʼn 22-jarige vrou is in ʼn kritieke toestand nadat sy Woensdagoggend in Johannesburg deur ʼn trein getref is.
Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 07:00 by die Lindela-treinstasie in Katlehong plaasgevind.
“Met paramedici se aankoms op die toneel is die vrou in ʼn kritieke toestand aangetref. Paramedici kon daarin slaag om haar te stabiliseer, waarna sy met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is,” het Mathe gesê.
Die oorsaak van die voorval is onderwerpe aan ʼn polisieondersoek.
Dit gaan net my verstand te bowe dat mense vandag nog deur ‘n trein raak gery word.
Dit moet aaklig wees, om so-iets oor te kom! Wonder hoeveel ledemate het sy verloor? Hopelik het die trein haar “weggestamp” & is sy nie raakgery nie.. Dit neem nèt èèn sekonde, om jou lewe onherroeplik te verander!!!
Dis heel eenvoudig: behalwe as jy ‘n “death wish” het, moenie op die treinspoor gaan speel nie. Trein- en voetoorganger brûe is daar vir ‘n doel: om deur mense gebruik te word sodat hulle nie op paaie en spore beland nie. Desnieteenstaande hoop ek die dame herstel gou.
Sy moes oor die trein spoor geloop het. Treine verlaat nie sommer hul spore nie.
Skerp DPJ absoluut die korrekte antwoord.
Soos Karolis dink ek ook jy is beslis reg.