Vrou kritiek ná trekker-voorval

Foto: Netcare 911

ʼn Vrou se been is amper heeltemal afgeruk toe sy Sondag ʼn trekker bestuur het by ʼn kwekery noord van Pretoria.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê volgens inligting op die toneel het ʼn stuk van die 58-jarige vrou se klere in die dryfas van die trekker beland.

“Paramedici het die vrou ondersoek en bevind dat haar linkerbeen amper heeltemal geamputeer is tydens die voorval.”

Volgens Herbst was die vrou in ʼn kritieke toestand en is sy op die toneel behandel voordat sy in ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie ·

Byna onmoontlik dat jou klere in ‘n dryfas kan vasdraai as jy ‘n trekker bestuur. Klink vir my verdag

Leon ·

Gesondheid en veiligheid spesifiseer dat jy nie los klere dra waneer jy met sulke torusting werk nie. Het nie gedink nie. Rokke en jasse en fênsie klere werk nie hier nie. Jy dra ‘n oorpak wat nie los is nie.

Kruger ·

Verstaan nie mooi nie…trekker het nie n dryfas nie. Enjin ratkas en ewenaar is een stuk en goed beskermd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.