’n Vrou in haar dertigs is Donderdagmiddag ernstig beseer toe sy van ’n woonstelbalkon in Umhlanga Rocks in KwaZulu-Natal afgeval het.
Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê sy het etlike meters ver geval en in ʼn toe-area in ʼn ander woonstel se erf beland.
“Paramedici moes ʼn leer van die Netcare-reddingspan gebruik om oor hoë mure te klim om by die beseerde te kon uitkom,” het Dollman gesê.
Die vrou het volgens Dollman nie reageer op behandeling nie en was in ʼn kritieke toestand.
“Sy het talle ernstige beserings opgedoen. Ons het haar aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel voordat sy na ʼn hospitaal gehaas is vir noodbehandeling,” het Dollman gesê.
Die polisie ondersoek die voorval.
Of dalk met die ongevraagde hulp van iemand anders bekend aan die betrokke persoon. Dit is nie so maklik om sommer net oor n balkon te val nie.
Of word hulle gstoot?