Vrou kritiek toe sy ná gewapende rooftog val

Browns-juwelierswinkel in Mall of the South Foto: Alberton Record

Browns-juwelierswinkel in Mall of the South Foto: Alberton Record

ʼn Vrou, in haar 20’s, is in ʼn kritieke toestand nadat sy Maandag van die tweede verdieping geval het, tydens ʼn gewapende rooftog by die splinternuwe Mall of the South in Aspen Hills, Johannesburg.

“Die vrou het in die middel van die vloer gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die vrou het ernstige kopbeserings opgedoen. Sy was in ʼn kritieke toestand.” Sy is op die toneel behandel en daarna na Baragwanath-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die vrou het glo gestruikel en geval ná ʼn skietery in die winkelsentrum.

Alberton Record berig ses mans het op die Browns-juwelierswarewinkel toegeslaan en vyf skote is net ná 14:00 gehoor.

Volgens Eyewitness News het die mans duisende rande juwele gebuit.

Volgens Meiring is niemand anders tydens die skietery beseer nie.

Die winkelsentrum het vanjaar op 24 September sy deure oopgemaak.

Comaro Chronicle berig die sentrum het intussen weer oopgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ursula Marx ·

Hoe val mens van die 2de verdieping as jy struikel? Hoe is die plek dan gebou? Hoop iemand help die vrou om die sentrum te dagvaar.

Rikus ·

Maroela maak dit nie juis duidelik nie, maar sy het blykbaar van die trappe afgeval toe sy gevlug het.

Helen ·

Weet niemand iets van die rooftog Sondagaand, by die Danville Spar nie? Nêrens kry ek iets in enige koerant nie. Dalk kyk ek verkeerd? Of is dit nie nuuswaardig nie?

amelia ·

ook daarvan gehoor Helen maar sien ook niks ook nie so maand gelede toe daar op polisie in Danville geskiet is met AK s nie Seker nie belangrik genoeg nie

Helen ·

Ja, die eerste een was by die Hoërskool Elandspoort, en Sondagaand by Spar. Ek bly baie naby en het die skote gehoor. Ek het maar net gewonder, iewers moes ‘n journo die storie gekry het, gewoonlik is hulle vinnig met skindernuus wat ons in elk geval nie aangaan nie oor bekendes, maar goed wat regtig saakmaak – hoor jy niks van nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.